YouVersion Logo
Search Icon

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™Sample

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

DAY 15 OF 21

“Kragtige gebed”

Ern Baxter was ’n evangelis wat as seun eiesinnig was. Wanneer hy as tiener verby sy ouma se kamer uitgesluip en die lig onder die deur sien skyn het, het hy geweet sy was besig om vir hom te bid.

Baxter is op ’n ingrypende wyse gered en het ’n prediker geword. God het hom kragtig gebruik deur tekens, wonders en wonderwerke. Sondagoggende het duisende mense sy kerkdienste bygewoon. Sy ouma het reg voor gesit; haar kop gebuig aangesien sy vir hom gebid het terwyl hy gepreek het.

Baxter was verpletter toe sy ouma baie jare later oorlede is. Hy was so lief vir haar. Hy het die Sondagoggend op die preekstoel geklim. Die gereelde skare was daar. Hy het sy Bybel oopgemaak en na die plek gekyk waar sy ouma gewoonlik gesit het. Toe het hy sy kop gebuig en begin huil. Hy het besef dat hy altyd gedink het God het vir hom die gawe gegee om te preek, maar dat dit eintlik sy ouma se gebede was wat hom in staat gestel het om te preek. Sy was nie meer daar nie.

Op daardie oomblik het ’n ouerige dame agter in die kerk opgestaan en uitgeroep: “Pastoor, ek sal jou ouma wees!” Sy het vorentoe gehardloop, op sy ouma se sitplek gaan sit en begin bid. Hy het begin preek.

Moet nooit die krag van jou gebede onderskat nie.

GEBED: Vader, dankie vir almal in my lewe wat so getrou vir my bid. Help my om ’n kragtige gebedskryger te word. Amen.

Geneem uit IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Scripture

Day 14Day 16

About this Plan

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

Hierdie 21 dae-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan.

More