YouVersion Logo
Search Icon

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™Sample

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

DAY 13 OF 21

“Wees ’n gebedstryder”

Gebed is om tyd in God se teenwoordigheid deur te bring. Een van my helde in die Ou Testament is Elia. Hy was ’n groot gebedskryger. Jakobus sê: “Elia was ’n mens net soos ons. Nogtans, toe hy ernstig gebid het dat dit nie moes reën nie, het daar drie jaar en ses maande lank nie ’n druppel op die aarde geval nie! Toe hy vir reën gebid het, het God reën gegee” (Jakobus 5:17-18). As ons Elia se voorbeeld volg, sal ons gebede effektief word. Dan sal God ons kan gebruik.

Elia het gesê daar sal vir 42 maande geen reën in die land val nie. Alles het gebeur presies soos Elia gesê het. Daarna het Elia gebid dat God reën moes stuur. Aan die einde van sy gebed het Elia vir Agab ’n boodskap gestuur. Hy moes op sy strydwa klim en so vinnig moontlik huis toe jaag, want dit sou baie hard reën (1 Konings 18:44). Waarlik, die reën het neergestort!

Wil jy nie ook graag hê jou gebede moet by God uitkom nie? Dit is meer as ooit tevore my begeerte dat die Here die gebede van sy kinders sal hoor en verhoor.

GEBED: Here God, ek besef ek kan nie ’n doeltreffende gebedslewe hê as ek nie tyd in u teenwoordigheid deurbring nie. Help my om my lewe so te orden dat ek gehaltetyd saam met U kan deurbring. Amen.

Geneem uit IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 12Day 14

About this Plan

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™

Hierdie 21 dae-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan.

More