YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Goddelike GeheimSample

Die Goddelike Geheim

DAY 12 OF 12

Die vrug van die Gees Dink aan die eerste drie vrugte, naamlik liefde, vreugde en vrede; die drie hoofeienskappe van ’n sterk geloofslewe. Liefde vir God en Christus, vir ander gelowiges en alle mense. Vreugde, die bewys van die volmaakte vervulling van elke behoefte. Vrede, die salige staat van ongehinderde rus en sekuriteit waarin die vrede van God die wag hou. Kom ons maak dit ons hoogste begeerte en vra die Gees om hierdie vrugte tot volmaaktheid in ons te bring. Dan sal ons uiteindelik die vermoë hê om reg te bid en altyd meer van ons hemelse Vader te vra. Hierdie oordenkings is saamgestel uit DIE GODDELIKE GEHEIM deur Andrew Murray © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 11

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy