YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Goddelike GeheimSample

Die Goddelike Geheim

DAY 6 OF 12

Die krag van gebed Voor ons Here se hemelvaart het Hy sy dissipels twee groot lesse geleer rakende hulle verhouding met Hom in die groot werk wat hulle moes uitvoer. Die een was dat Hy in die hemel baie meer krag as op aarde sou hê en dat Hy daardie krag sou gebruik om mense te verlos. Die ander was dat hulle niks sonder Hom sou kon doen nie, maar dat hulle op Hom kon reken om in en deur hulle te werk en so sy plan uit te voer. Hulle eerste en belangrikste werk sou daarom wees om alles wat hulle wou hê in gebed na Hom toe te bring. Kom ons leer om bo alles elke dag dié intieme gemeenskap met Christus te soek wat in diepe afhanklikheid en voortdurende smeking geleë is.

Scripture

Day 5Day 7

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy