YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Goddelike GeheimSample

Die Goddelike Geheim

DAY 10 OF 12

Gee jou tyd aan God Daar is ’n tyd vir alles. Is dit nie die belangrikste saak waarvoor ons tyd moet maak nie: gemeenskap met God waartydens ons sy liefde en krag kan ervaar? Jy het tyd nodig om met die Woord van God gevoed te word en om God se lewe daaruit te put. Deur sy Woord kan sy gedagtes en genade jou hart en lewe binnedring. Oordink die Woord, en bring dit in gebed voor God as ’n belofte van dit wat Hy vir jou sal doen. Die Woord voorsien inhoud aan jou gebede en moed en krag in gebed. Laat die Woord van God jou leer wat God belowe, wat jy nodig het, en hoe God wil hê jy moet bid.
Day 9Day 11

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy