YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Goddelike GeheimSample

Die Goddelike Geheim

DAY 4 OF 12

’n Halfuur stilte in die hemel

Mense kla dikwels dat hulle nie tyd het om te bid nie. God smag daarna om jou te seën. Is dit nie die moeite werd om jou ’n halfuur saam met God af te sonder nie? In die hemel was daar ’n halfuur stilte nodig om die gelowiges se gebede aan God op te dra. Volhard, en jy sal vind dat dit wat aanvanklik die moeilikste halfuur in jou dag is, later die mees geseënde tyd van jou hele lewe word.

Lees ’n Bybelgedeelte en laat die Woord van God met jou praat. Buig dan in diepe verootmoediging voor God en wag op Hom. Hy sal met jou werk. Begin bid en volhard daarmee, selfs al voel dit lank. God sal jou beloon.

Day 3Day 5

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy