YouVersion Logo
Search Icon

Die Belangrikheid Van GebedSample

Die Belangrikheid Van Gebed

DAY 7 OF 43

Bid vir Mekaar

LEES: Romeine 15:30; Kolossense 1:9-12

SOAP: Kolossense 1:9

Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou on sook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik dal laat ken,


Oordenking

In sy brief aan die kerk in Kolosse het Paulus begin deur sy gebed vir die kerk te deel. Paulus het vertel hoe hy en Timoteus getrou vir die kerk gebid het. Hulle het tot God gebid om hulle te vul met die kennis van sy wil en om hulle geestelike wysheid en begrip te gee sodat hulle lewens kan lei wat die Here waardig is. Hulle het gebid dat hulle sou toeneem in hul kennis en begrip van wie God is, dat hulle daagliks deur God versterk sou word en dat hulle God sou erken en prys vir die verlossing en redding wat Hy bied.

Paulus se gebed toon sy innige liefde en dankbaarheid vir hierdie kerk. Sy gebed toon sy hart vir hulle redding en voortgesette geestelike groei. Met sy volgehoue gebed vir hulle, het Hy geweet dat God sou voortgaan om te werk. Paulus het die verband tussen geestelike kennis en begrip en ‘n sterk Christelike wandel verstaan. Hy het geweet dat die kerk in Kolosse sonder begrip nie vrug sou kon dra of ander tot ‘n reddende geloof in Jesus kon bring nie.

Net soos Paulus, kan ons dieselfde gebed bid vir ons vriende, familielede, kinders, medewerkers en bure. Ons kan dit ook vir ons kerke bid, dat ons as ‘n verenigde liggaam van Christus vervul sal wees met geestelike kennis en begrip. Hoe meer ons met God wandel, tyd deurbring om Hom te ken en sy karakter en plan te verstaan, hoe meer weerspieël ons lewens Hom. Terwyl ons ons daartoe verbind om hierdie gebed vir ons vriende te bid, mag ons dit ook oor onsself bid, en probeer om aan te hou groei in ons kennis en begrip van God.

Vir wie gaan jy elke dag bid? Bid jy deurgaans vir die eenheid en groei van God se kerk en sy plan vir die wêreld? Sal jy vandag ‘n verskuiwing maak van slegs vir jou eie behoeftes te bid na die behoeftes van gelowiges en ongelowiges in hierdie wêreld?


Gebed

Vader God, U het my geskep met 'n Goddelike doel vir u Goddelike wil. Aangesien ek vir U belangrik is en vir U gemaak is, Here, wil ek u doel en planne vir my ken op u perfekte tyd. Openbaar my plek in u plan om u kerk te versterk en te laat groei en die verlorenes te bereik. Here, help my om minder op myself te fokus en meer op diegene wat U nodig het. In die Naam van Jesus, amen.


Day 6Day 8

About this Plan

Die Belangrikheid Van Gebed

As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.

More