YouVersion Logo
Search Icon

Die Belangrikheid Van GebedSample

Die Belangrikheid Van Gebed

DAY 11 OF 43

Versoen met Ander

Lees: Matteus 5:17-24

SOAP: Matteus 5:23-24

As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.


Oordenking

Vandag se verse is reg in die middel van ‘n preek wat Jesus gelewer het toe Hy naby die See van Galilea was, naamlik die Bergrede. Gedurende hierdie toespraak het Jesus baie dinge verduidelik, insluitend die manier waarop die Wet verkeerd geïnterpreteer en verkeerd toegepas is. Terwyl God die Wet aan Moses gegee het, insluitend die tien gebooie, spesifieke instruksies vir offerandes en meer as seshonderd ander individuele wette om as God se volk te lewe, het die priesters en leraars van die wet hul eie weergawe geskep van wat reg en verkeerd was.

In die Bergrede het Jesus baie van hierdie kwessies aangespreek. Die Fariseërs en kenners van die wet wou glo dat hulle regverdig was, maar Jesus het vir hulle gewys hoe regverdigheid uit die hart kom en nie uit ons optrede nie. Hoewel sommige van die wetsgeleerdes moontlik deur hulle optrede regverdig voorgekom het, was hulle harte baie ver van God af.

Teen die tyd dat Jesus die Bergrede gelewer het, was daar nog steeds offers in Israel. Jesus het verduidelik dat as iemand ‘n gawe of offer aan God bring, maar iets teen ‘n ander hou, of as iemand iets teen hulle het, hulle hulle gawe net daar moet laat staan, versoen moet word en dan kan terugkeer om die gawe aan te bied. Wat vir God belangrik is, is die toestand van ons harte, nie hoe ons aksies lyk nie.  

Gebed is dieselfde. Dit het min te doen met ons hoe ons lyk, ons posisie of ons woorde. Dit gaan oor ons harte. As ons jaloesie, woede of ontevredenheid teenoor iemand koester as ons bid, is dit nie vir God verborge nie. Ons moet seker wees dat ons probeer het om met ander te versoen, en die uitkoms aan God oorgedra het. Ons harte is vir Hom belangrik. Elke keer as ons God se troon nader, hetsy in lofprysing of met 'n versoek, is dit die toestand van ons harte wat die belangrikste is.


Gebed

Vader God, ek bely waar ek vashou aan woede teen ‘n broer of ‘n suster. Help my om vergifnis aan hulle te bied en lei my om tot ‘n oplossing te kom. Wanneer ek in gebed na U toe kom, wys my asseblief hoe my hart ver van U af is. Ek smag dat my hart elke dag in pas met U sal wees. In die Naam van Jesus, amen.


Day 10Day 12

About this Plan

Die Belangrikheid Van Gebed

As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.

More