Die Belangrikheid Van GebedSample
Kniel Voor die Vader
Lees: Efesiërs 3:14–19
SOAP: Efesiërs 3:14–16
Daarom kniel ek in gebed voor die Vader aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het. Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word.
Oordenking
In Paulus se brief aan die kerk in Efese, benadruk hy dat redding slegs deur geloof is. Paulus het baie omgegee vir die gemeente in Efese en was voorheen drie jaar daar om die kerk te vestig. Paulus het sy bede en hoop vir die gemeente in Efese uitgespreek. Paulus se vernaamste gebed was dat die gelowiges in Efese die liefde van Christus sou begryp. Hy wou hê hulle moes die diepte en volheid van Christus se liefde verstaan sodat hulle in geloof kon voortgaan en met ander gelowiges verenig kon word.
As gelowiges in Christus het ons ‘n spesiale verhouding met mekaar. Ons het eenheid deur ons geloof in Christus. Ons is met mekaar en ander volgelinge van Christus reg oor die wêreld verbind. Ons is nie net nuut, heel en volkome gemaak deur geloof in Christus nie, maar het ook ‘n nuwe gesin in die kerk ontvang.
Ons word deur die liefde van Christus gedring, ‘n liefde en geloof wat ons met ander gelowiges deel. Ons versterk mekaar deur van die liefde van Christus in ons lewens te getuig. As ons, soos die gemeente in Efese, die liefde van Christus meer volledig kan begryp, doen ons dit tesame, as ‘n verenigde liggaam.
Gryp jy in liefde die geleenthede aan wanneer jy die kans kry om saam met gelowiges in die bediening, in die gemeente en in Bybelstudie te verkeer? Sal jy begin om met gelowiges in aanraking te kom en meer tyd saam met hulle deur te bring sodat jy God se liefde op hulle kan uitstort en hulle toelaat om sy liefde op jou uit te stort?
Gebed
Vader God, u liefde deur u Seun Jesus maak ons heel, volkome en verseker dat ons niks kortkom nie. Help my om enduit saam met my broers en susters in Christus te volhard sodat ons almal in u liefde gewortel en gegrond kan bly. Help my om gemeenskap met gelowiges vanuit u perspektief te sien, naamlik as ‘n band wat versterk en meer van Christus se liefde in my lewe sal inbring. Help my onthou dat u liefde om te verenig, sterker is as enigiets wat dreig om te verdeel. In die Naam van Jesus, amen.
Scripture
About this Plan
As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.
More