Die Belangrikheid Van GebedSample
Eerbiedig God en Sy Wysheid
Lees: Jeremia 10:6–7
SOAP: Jeremia 10:6–7
Waar is iemand soos U, Here?
U is groot, die mag van u Naam is groot.
Wie sou U nie dien nie, Koning van die nasies?
Dit kom U toe.
Onder al die wyse mense, onder al die konings van die nasies,
is daar niemand soos U nie.
Oordenking
Die profeet Jeremia het hierdie gedeelte geskryf om die kontras van God se grootheid teenoor alle afgode uit te wys. Sy woorde herinner die volk Juda, wat van God afgewyk het, dat hulle God, die Here alleen, lofwaardig is.
Ons dien 'n God wat kragtig bo alle maat is, wat aan alle dinge lewe en asem gee, in die hemele sit en aktief is in ons lewens. Ons Here is ons lof, ons kommunikasie, ons erkenning en ons liefde waardig. As ons nadink oor die dinge in ons lewens waaroor ons praat, waaroor ons spog of trots is, behoort die Here bo-aan die lys te wees. Niks en niemand het die krag van ons God nie.
Wanneer ons God in gebed nader, moet ons verstaan wie Hy is. Ja, Hy is in staat om meer te doen as wat ons kan vra en ver bo wat ons ons kan voorstel, maar Hy is ook die groot en almagtige Koning. Hy is heilig, magtig en lofwaardig. Terwyl ons God in gebed soek, moet ons harte 'n houding van eerbied vir Hom hê. Hy is nie 'n masjien wat vir ons gee wat ons wil hê wanneer ons ook al vra nie. Hy het 'n perfekte plan vir ons lewens en vir die wêreld. God is bo ons begrip en sy weë is hoër en beter as ons s'n.
Wat in jou lewe kompeteer vir jou aandag, jou toewyding, jou lof en jou liefde? Wat of wie het jy hoër as God geplaas? Hoe sal jy vandag begin om God weer die eerste prioriteit in jou lewe te maak? Terwyl jy vandag in gebed tot God nader, neem tyd om Hom te loof vir sy heiligheid, sy grootheid, sy krag en sy majesteit.
Gebed
Vader, u liefde vir my strek tot aan die hemel en bo die wolke uit. Tog is daar dae dat ek U skaars erkenning gee. Here, vergewe my as ek u krag, u majesteit en u getroue optrede in my lewe vergeet. Here, gee my asseblief die moed en vrymoedigheid om te praat en te roem oor u wonderlike werk in my lewe. Herinner my asseblief daagliks daaraan, Here, dat alles en elke persoon wat ek bo U plaas, my sal faal, maar U sal nooit nie. In die Naam van Jesus, amen.
Scripture
About this Plan
As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.
More