YouVersion Logo
Search Icon

Die Belangrikheid Van GebedSample

Die Belangrikheid Van Gebed

DAY 27 OF 43

As Verowerende, Verterende Vuur 

Lees: 1 Konings 18:20–39 

SOAP: 1 Konings 18:38–39 

Toe kom daar vuur van die Here af en dit verbrand die offer, die hout, die klippe en die grond. Dit het selfs die water in die sloot opgelek. Toe die hele volk dit sien, het hulle op hulle knieë geval en uitgeroep: “Die Here is God! Die Here is God!”


Oordenking

Toe God se volk van Hom af weggedraai het, het God sy profeet Elia gebruik om te help om die mense te herstel. Die Israeliete het begin om ‘n vals god te aanbid, een wat hulle beweer het die ware god was. Toe Elia die profete van Baäl gekonfronteer en hulle uitgedaag het om te sien wie se god eg was, het die mense van Israel kom kyk. Toe die profete van Baäl nie hulle god kon laat reageer nie, het God sy krag gewys. Elia het oortuig gebly van God se mag, en God het Homself deur ‘n groot wonder geopenbaar.

Deur hierdie wonder, het al die mense in Israel erken en onthou wie hul God is. Hulle het onthou dat hulle sy volk is en hulle het Hom aanbid. Die mense het ongeërg geraak en toegelaat dat die vals gode van die mense rondom hulle hul geloof beïnvloed. Hulle het weggedraai van God af, en dit het ‘n wonder geverg om weer hulle aandag te kry.

Al werk God vandag nog deur wonders, moet ons nie afhanklik wees van die wonderbaarlike om te bewys dat ons God bestaan en dat Hy vir ons sorg nie. Ons het reeds sy wonders in die verlede gesien, in die skepping, in ons eie lewens. Ons kan nie toelaat dat ‘n onverskillige gesindheid ons verhouding met God binnedring nie. Wanneer ons die wêreld toelaat om ons geloof te beïnvloed, kan ons maklik van sy heiligheid, mag en soewereiniteit vergeet. 

Elke gebed wat God verhoor is wonderbaarlik, want dit is niks minder as ‘n wonderwerk dat die God van die heelal neerbuig om in ons behoeftes, hoe groot ons dit ook al mag beskou, te voorsien. Hy verrig steeds elke dag wonders vir ons. Mag ons in Hom glo, hetsy ons sy wonderbaarlike werk in groot maniere of in alledaagse getrouheid ervaar. 

Gebed

Vader God, U is die God wat die heelal tot stand gebring het. Here, vergewe my wanneer ek U klein maak in my lewe, wanneer ek U in ‘n boksie sit, of wanneer ek poog om u weë en u gedagtes te voorspel. Herinner my, Here, dat die hemele van u mag en u handewerk getuig. Here, mag U altyd hoog verhewe wees in my lewe. In die Naam van Jesus, amen.


Day 26Day 28

About this Plan

Die Belangrikheid Van Gebed

As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.

More