Die Belangrikheid Van GebedSample
‘n Gebed Vir Sy Krag
Lees: 2 Korintiërs 12:6–10
SOAP: 2 Korintiërs 12:8–9
Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
Oordenking
Paulus deel sy benarde toestand van hoe God “nee” geantwoord het, op sy gebed om bevryding. Ons weet nie wat Paulus se “doring in die vlees” was nie. Wat ons wel weet, is dat Paulus aangeneem het dat hy beter af daarsonder sou wees, hetsy dit beteken het dat hy nie meer in pyn sou verkeer nie, hy sy bediening beter sou kon uitvoer, of dat hy beter toegerus sou wees om die evangelie te verkondig. God se antwoord was dat Hy meer verheerlik sou word in Paulus se swakheid.
God se krag was meer sigbaar toe Paulus nie sy roeping sonder God se hulp kon vervul nie. As Paulus dit op sy eie kon doen, sou God nie verheerlik word nie. Sy krag kom tot volle werking wanneer ons swak is. Paulus betuig dankbaarheid vir sy doring in die vlees, want dit het God se konstante teenwoordigheid en genade in sy lewe geopenbaar.
As gelowiges in Christus, sal ons beproewings, toetse en lyding, ons harte suiwer deur selfstandigheid, selfgesentreerdheid, ongeduld en hoogmoed weg te brand. Wanneer ons erken dat ons God te alle tye nodig het, is dit makliker om sy werk in en deur ons raak te sien. Beproewings en toetse en dorings in die vlees versterk ons geloof namate ons uithou en aanhou, terwyl ons elke oomblik aan God vashou. Die lyding wat ons ervaar, openbaar aan die wêreld dat ons God waardig is vir ons om enige lyding op aarde te verduur.
Watter antwoorde op gebed het jou al laat twyfel in God se liefde en voorsiening vir jou? Sal jy bid vir ‘n God-gesentreerde perspektief en vir sy genade en krag om jou te laat volhard?
Gebed
Vader God, ek sê vir U dankie dat u krag tot volle werking kom in my swakheid. Help my om aan U vas te hou selfs wanneer my hart breek. Here, leer my om vreugde te vind in lyding om U ontwil, sodat ek die voorreg mag hê om in u lyding te deel. Herinner my dat diegene wat U liefhet droefheid en teleurstelling sal ervaar, maar terselfdertyd ook u groot liefde en teenwoordigheid. In die Naam van Jesus, amen.
Scripture
About this Plan
As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.
More