Die Grootste GeskenkSample
Week 2: ‘n Lewe van Dankbaarheid
Dank die Here
Lees: Psalm 107
SOAP: Psalm 107:21–22
Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,
vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.
Hulle moet dankoffers bring
en met blydskap van sy dade getuig.
Oordenking
Gaan jy hierdie seisoen met ‘n swaar hart binne, en voel asof jy dwalend, uitgeput, in die nood, verontrus, op soek na ‘n lig in die duisternis is? Die wêreld rondom jou bruis dalk van vreugde en opwinding, maar jy is op soek na ‘n toevlugsoord waar jy kan rus en herstel van die gewig van alles wat jy hierdie jaar moes dra.
God verstaan, en Hy nooi jou in sy volmaakte rus in. Jou moegheid en frustrasie is niks nuuts vir Hom nie, en jou baie eerlike gevoelens en hartseer sal Hom glad nie verbaas nie. Lees ons Skrifgedeelte vandag en voeg jou naam oral in waar dit sê “dié” en “hulle”. Net soos God dié wat in die woestyn rondgedwaal het, verlos en vir hulle voorsien het, is Hy bereid om jou te verlos.
Wat ‘n geskenk! God se hart is dat jy bevry moet wees van laste en van die duisternis en met danksegging alles verkondig wat Hy in jou lewe gedoen het, sodat ander ook na Hom toe sal gaan. Jou verhaal van dankbaarheid kan dalk net die lig wees wat iemand in jou lewe hierdie vakansieseisoen die nodigste het om hulle na die vryheid en herstel wat God so gewillig aanbied, aan te trek.
Gebed
Vader God, ek wil vandag, selfs midde-in my gemors, terwyl dit vir my voel asof ek nog dwalend is, u goedheid, u groot geskenke, en u wonderlike liefde verkondig. Dankie dat U my ken, my liefhet en my in u volmaakte rus innooi. Amen.
Scripture
About this Plan
Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.
More