YouVersion Logo
Search Icon

Die Grootste GeskenkSample

Die Grootste Geskenk

DAY 12 OF 43

Gee uit Dankbaarheid 

Lees: Lukas 6:37–38; 2 Korintiërs 9

SOAP: 2 Korintiërs 9:7–8

Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.


Oordenking

Was jy al ooit verplig om deel te neem aan ‘n geskenkuitruiling, miskien by die werk of saam met ‘n groep wat jy nie eintlik goed ken nie? Dis lekker en maklik om ‘n geskenk te koop vir geliefdes. Jy ken hulle en wil hê hulle moet bly wees oor hulle geskenke. Dis moeilik om te gee as jy verplig voel, nie net omdat daar “nog iets” by jou reeds oorlaaide skedule gevoeg word nie, maar ons kreatiwiteit, ons gesindheid en ons finansies word ook beproef. 

Dit is hoekom ons op die ou end met ‘n klomp kerse wat nie bymekaar pas nie, vadoeke en interessante tuinversierings wat ons nooit ten toon sal stel nie, opeindig.

Daar is iets spesiaals daaromtrent om ‘n geskenk te ontvang wat ons weet uit liefde gekies is. Ons is opgewonde om dit oop te maak en koester die geskenk, selfs al is dit nie wat ons verwag het nie. God wil hê dat ons blymoedig moet gee, nie om ander te help omdat ons verplig, skuldig of gedwonge voel nie, maar uit ‘n plek van liefde.

Wanneer ons God en ander liefhet, is dit ‘n seëning om in die behoeftes van diegene om ons te voorsien. Dit is ‘n vreugde om te dien, om van ons tyd te gee en ons vaardighede met ander te deel, nie omdat ons iets terug verwag nie, maar om die gawes wat God so oorvloedig aan ons gegee het, goed aan te wend. Dit wys vir ander dat ons vir hulle omgee en hulle bo ons eie gerief ag.

Gee is nie altyd maklik nie. Maar ons kan vertrou dat God meer kan doen met die gawes wat ons gee as wat ons ooit kan dink.


Gebed

Vader, ek weet U het ‘n blymoedige gewer lief. Mag my oë oop en my hart wakker wees vir maniere om ander in hierdie seisoen te dien, gewillig en in staat om oorvloedig en met liefde te gee om ander te eer. Dankie dat U deur die lewe van u Seun, Jesus, vir my wys wat dit beteken om alles te gee. Amen.  




Day 11Day 13

About this Plan

Die Grootste Geskenk

Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.

More