Die Grootste GeskenkSample
Wees in Alle Omstandighede Dankbaar
Lees: Efesiërs 5:15–20; 1 Tessalonisense 5:16–18
SOAP: 1 Tessalonisense 5:16–18
Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.
Oordenking
Namate ons kalenders voller raak van goeie dinge en ons doen-lysies langer, kan ‘n mens maklik na outomatiese loods toe oorskakel. Ons moet op plekke wees, dinge doen, met mense praat, en skielik vervaag die vreugde van hierdie seisoen en word verdring deur verpligtinge in plaas van feesviering. Ons wonderlike Vader het geweet ons gaan in hierdie situasies beland en het vir ons ‘n manier voorsien om daardeur te kom:
Wees dankbaar.
Die Skrif gee vir ons die opdrag om dankie te sê, nie net by etes of voordat ons saans aan die slaap raak nie, maar in alle omstandighede. ‘n Gemor en dankbaarheid kan nie saam bestaan nie, daarom moet jy, as jy oorweldig, besig, onseker, of moedeloos voel, die gawe van dankbaarheid wat God vir jou gegee het, oopmaak en dit oor jou omstandighede uitspreek.
Selfs wanneer dinge moeilik gaan, en planne nie uitwerk soos jy verwag het nie, jy moet “nee” sê vir iets goeds om plek te maak vir iets wonderliks, of wanneer verwagtinge teleurgestel word, soek iets in daardie situasie waarvoor jy vir God kan dankie sê.
‘n Lewe wat vol dankbaarheid geleef word, veral as dit moeilik gaan, sal vir die mense om jou soos ‘n lig in die duisternis wees. Jou voorbeeld sal ‘n gawe wees wat toon dat jou liefde vir God belangriker is as jou liefde vir jou planne. Dit is dalk die een ding wat iemand anders nodig het om te weet wat dit beteken om God groots lief te hê.
Gebed
God, U het my so lief dat U selfs ‘n uitweg vir my hart en gedagtes voorsien het om in alle omstandighede op U gefokus te bly. Namate hierdie seisoen bedrywig raak en my aandag in duisende rigtinge getrek word, help my om gemor vir dankbaarheid te verruil sodat ek ‘n lig vir diegene rondom my kan wees. Ek dank U in alle omstandighede, want selfs as dinge nie verloop soos ek wil hê nie, vertrou ek U en glo dat u manier beter is. Amen.
About this Plan
Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.
More