YouVersion Logo
Search Icon

Ware SpiritualiteitSample

Ware Spiritualiteit

DAY 7 OF 7

Jou voortgesette reis

Ek is jammer om dit vir jou te sê, maar jy gaan nooit in hierdie lewe volmaak wees nie. Jy weet dit waarskynlik reeds. Dit maak nie saak tot watter mate jy in Christus herskep word nie, jy is ’n werk in wording tot die dag wat jy Hom van aangesig tot aangesig sien.

Die goeie nuus is egter dat dit God se diepste begeerte is om jou geestelike groei te seën en jou te bemagtig sodat jy die skoonheid, liefde en heiligheid van Jesus al meer en meer sal weerspieël.

Sy goeie en volmaakte wil lei nie net tot vreugde vir jou nie, dit openbaar ook sy genade, wysheid, liefde en mag aan die wêreld. Hy belowe dat jou ware spirituele reis in verhouding met Hom uiteindelik vervul sal word – en ook vir jou op pad daarheen vervulling sal gee.

Intussen, herinner jouself aan die treë wat jy geroep word om te gee.

· Verbind jouself heeltemal aan God – nie net een keer nie, maar elke dag.

· Leef afgesonder van die wêreld se waardes en weë.

· Leer om jouself te sien soos jy is – nie met trots of valse nederigheid nie, maar soos God jou sien.

· Dien medegelowiges in liefde.

· Reageer met bonatuurlike liefde in die aangesig van boosheid en oorwin dit met die goeie.

As jou verhouding met God hierdie eienskappe elke dag weerspieël, sal jy ’n ware Christenlewe leef wat God eer en ander se lewens beïnvloed.

Dit is ’n belofte, nie van my af nie, maar van God af deur die Woord wat Hy vir ons gegee het. Gee jouself aan Hom as ’n lewende offer, elke dag en op elke gebied van jou lewe, en jy sal ware spiritualiteit en ’n oorvloedige lewe in al sy volheid ervaar.

Day 6

About this Plan

Ware Spiritualiteit

Hoe lyk ’n ware Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons die prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sieninge oor jouself, verhoudings met ander en jou stryd teen die bose. Begin om die beste van God te ontvang en beïnvloed só die wêreld op ’n diepgaande manier.

More