Ware SpiritualiteitSample
Om God se beste te ontvang
God wil vir jou net die beste gee. Nie die maklikste of die luukste nie, maar die beste – soos Hy dit definieer. Onthou, sy wil is “goed, aanneemlik en volmaak” (Romeine 12:2).
Die meeste Christene beleef egter nie die beste van God nie. Waarom nie?
Een rede is as gevolg van leuens: leuens oor die betekenis van die lewe en oor God se doel vir ons. Leuens hou ons in ooreenstemming met die weë van die wêreld. Om die lewe te sien soos die wêreld dit sien, weerhou ons daarvan om God te ken en sy opdragte te verstaan. Ons loop die wonderlike dinge mis wat God vir ons wil gee.
Waar kom die leuens vandaan?
· Ons het ’n geestelike vyand wat teen God se doel vir ons lewens gekant is.
· Ons leef in ’n sondige wêreld wat God se doel verdraai.
· Elkeen van ons het ’n lang geskiedenis met ons ou sondige natuur.
Hierdie drie kragte werk saam om ons in ou gewoontes gevange te hou. Dit is hoekom die apostel Paulus vir ons sê om nie gelyk te word aan die lewenswyse van hierdie wêreld nie, maar om onsself te laat verander – deur ons denke te vernuwe.
Ons moet:
· ophou om onsself met wêreldse gedagtes te voed, en
· eerder ons gedagtes met God se weë te vul.
Ons het ’n ware geestelike dieet nodig wat in sy liefde vir ons gewortel is en Hom ten volle vertrou. Slegs dan begin ons lewens verander. Slegs dan kan ons God se goeie, aanneemlike en volmaakte wil – en ware spiritualiteit – ervaar.
Scripture
About this Plan
Hoe lyk ’n ware Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons die prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sieninge oor jouself, verhoudings met ander en jou stryd teen die bose. Begin om die beste van God te ontvang en beïnvloed só die wêreld op ’n diepgaande manier.
More