Ware SpiritualiteitSample
Om die ware jy te aanvaar
Wie is jy? Dit is ’n ingewikkelde vraag, of hoe? Aan die een kant is jou begrip oor jouself gebou op jou familieagtergrond, jou persoonlikheid, die sleutelmense in jou lewe en die geloofstelsels wat jy geleer het.
Aan die ander kant, is jy dalk nie wie jy dink jy is nie.
God is die outeur van jou ware identiteit. Hy weet presies hoe Hy jou geskape het. Hy weet watter talente Hy vir jou gegee het om jou roeping te vervul waarvoor Hy jou bestem.
Dis hoekom Paulus die Romeine aangemoedig het om op die regte manier aan hulleself te dink.
"Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het " (Romeine 12:3).
Wanneer jy leer hoe God jou sien – wie jy regtig is – begin alles verander, en word dit moontlik om in ware spiritualiteit te leef.
Namate jy God toelaat om jou gedagtes te verander, verander die wêreldse draaiboek wat in jou gedagtes afspeel. Dit beteken jou gevoelens van onwaardigheid of trots, jou verhoudings met ander, jou gedagtewêreld, jou drome en doelwitte, dit alles verander ook.
Dit hou veral verband met waar jy by die liggaam van gelowiges inpas, soos Paulus in hierdie Skrifgedeelte uitwys.
Ware spiritualiteit is om as ’n lid van die kerk – dus die liggaam van Christus – te lewe. As jy weet wie jy is, kan jy liefde ontvang en gee op die manier wat God bepaal het. Jy besef waar jy in die liggaam van gelowiges inpas en jy kan jou talente doeltreffend gebruik. Jy kan ook jou roeping uitleef om ’n veranderde, lewende offer te wees wat heeltemal in God se groot plan inpas.
Scripture
About this Plan
Hoe lyk ’n ware Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons die prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sieninge oor jouself, verhoudings met ander en jou stryd teen die bose. Begin om die beste van God te ontvang en beïnvloed só die wêreld op ’n diepgaande manier.
More