Ware SpiritualiteitSample
Ervaar ware gemeenskap
Onthou jy Jesus se laaste aand voor sy kruisiging? Hy het vir sy volgelinge ’n nuwe opdrag gegee: dat hulle mekaar werklik moet liefhê.
Jesus het gebid dat sy volgelinge dieselfde liefde en eensgesindheid sal ervaar wat Hy met God die Vader het (Johannes 13:34; 17:20-24). Daardie liefde kom uit die hart van die Gewer.
Paulus het hierdie roeping in Romeine 12:10 beaam:
“Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar.”
In vandag se Skrifgedeelte beskryf Paulus ’n ware gemeenskap van gelowiges wat mekaar opreg liefhet. Hy sê vir ons:
· Eer ander bo jouself.
· Dien die Here met ywer.
· Wees vreugdevol in hoop.
· Wees geduldig in swaarkry.
· Wees toegewyd in gebed.
· Help medegelowiges wat in nood is.
· Wees gasvry.
Hierdie soort opregte geestelike gemeenskap is dalk skaars (en deesdae al hoe moeiliker om te vind). As jy egter moeite doen om dit self aan te leer, kan dit lewensveranderend wees.
Namate ons deel van mekaar se lewens word, kan ons die lewe se pynlikste uitdagings saam aanpak terwyl ons aan ons hoop in Christus en sy beloftes vashou. Ons groei saam met mekaar – en saam met Hom – in eensgesindheid.
Is jy bereid om die treë te gee om ware verhoudings met ander gelowiges te bou, om hulle selfopofferend lief te hê en te dien? God sal jou help. Hy wil hê jy – saam met ander gelowiges – moet sy liefde weerspieël en sy grootste begeertes vir jou lewe vervul.
Scripture
About this Plan
Hoe lyk ’n ware Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons die prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sieninge oor jouself, verhoudings met ander en jou stryd teen die bose. Begin om die beste van God te ontvang en beïnvloed só die wêreld op ’n diepgaande manier.
More