Ware SpiritualiteitSample
Om die bose te oorwin
Gister se Skrifgedeelte het ons aangemoedig om mense werklik lief te hê. Hoe moet jy egter op iemand reageer wat jóú nie liefhet nie? Of nog erger, iemand wat oor jou geloof antagonisties, selfs vyandig is?
Hoe reageer ware spiritualiteit op onreg?
As jy ’n duidelike voorbeeld hiervan soek, kan jy net na Jesus kyk. Jesus het baie vyande gehad en het die ergste onregte verduur. Hoe het Hy gereageer?
Met liefde. Geen wraak, geen vervloeking, geen vergelding nie. Net liefde.
Dit kan baie moeilik wees om mense te hanteer wat die oorsaak van baie boosheid in ons lewens is. Ongeag of dit mishandeling, onregverdigheid of opsetlike verraad was, dit kan onmoontlik wees om verby ou wonde en bitterheid te beweeg.
Tog gee Paulus vir ons twee belangrike opdragte in Romeine 12:14-21 wat ’n prentjie skilder van liefde ondanks teenkanting.
Eerstens: “Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie” (vers 14).
Ons moet boosheid net soos Jesus beveg. Ons word geroep om lewende offers te wees wat nie meer aan hierdie wêreld gelyk is nie. Ons moet seën, want dit is wat God doen.
Tweedens: “Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie” (vers 17, NLV).
Trouens, hy sê: "Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense.” (vers 18, NLV). Dit is nie maklik nie, maar God skenk ons die genade om dit te doen. Ons moet die boodskap van die evangelie verpersoonlik.
Konflik is soms onafwendbaar, maar as ’n lewende offer met ’n gees wat vernuwe is, is jy nie geroepe om in enige situasie ’n antagonis te wees nie. Ware spiritualiteit beteken om te weier om sake in eie hande te neem, maar om dit aan God oor te laat. Is jy bereid om God te glo en te vertrou dat jou lewe, jou verhoudings en jou roeping by Hom veilig is?
Scripture
About this Plan
Hoe lyk ’n ware Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons die prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sieninge oor jouself, verhoudings met ander en jou stryd teen die bose. Begin om die beste van God te ontvang en beïnvloed só die wêreld op ’n diepgaande manier.
More