YouVersion Logo
Search Icon

Geanker in genadeSample

Geanker in genade

DAY 12 OF 12

Dankbaarheid 

Ons bid dikwels as ons ’n spesifieke behoefte het. Ons bid wanneer ons iets van God verlang. Maar wat gebeur wanneer God gebede beantwoord? Bid ons dan ook so dringend en gereeld om Hom te dank vir ons beantwoorde gebede?

Wanneer ons God se Goddelike heerlikheid, onvergelyklike krag en onbeskryflike genade verstaan, sal ons al hoe dankbaarder wees vir sy vergifnis en Vaderlike sorg.

Ondersoek jouself om agter te kom hoe dankbaar is jy vir beantwoorde gebed.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit GEANKER IN GENADE © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Day 11

About this Plan

Geanker in genade

God bewys nie net genade aan jou elke keer as jy sondig nie, maar Hy vergewe jou en bewys elke dag, 365 dae ’n jaar, opnuut genade aan jou. Ontvang dit met ’n dankbare hart en wees daarom gereed om meer genade aan ander te bewys. Hierdie leesplan is saamgestel uit GEANKER IN GENADE.

More