YouVersion Logo
Search Icon

Geanker in genadeSample

Geanker in genade

DAY 5 OF 12

Onverdiende guns

Genade is onverdiende guns. Die Bybel verduidelik hoe God genade bewys het aan almal deur verlossing – ewige lewe by Hom – verniet aan te bied. Jy hoef nie iets te doen om dit te verdien nie. Om die waarheid te sê, jy kán dit nie verdien nie. Jy aanvaar dit bloot deur te glo dat Jesus, God se Seun, vir jou sonde gesterf het sodat dit nie vir jou nodig is om daarvoor te sterf nie. Dit is ’n voorbeeld van hoe jy genade aan ander moet bewys.

Aan wie kan jy vandag die geskenk van genade gee? 

Scripture

Day 4Day 6

About this Plan

Geanker in genade

God bewys nie net genade aan jou elke keer as jy sondig nie, maar Hy vergewe jou en bewys elke dag, 365 dae ’n jaar, opnuut genade aan jou. Ontvang dit met ’n dankbare hart en wees daarom gereed om meer genade aan ander te bewys. Hierdie leesplan is saamgestel uit GEANKER IN GENADE.

More