YouVersion Logo
Search Icon

Geanker in genadeSample

Geanker in genade

DAY 9 OF 12

Vyande

Om liefde aan jou vyand te bewys, klink altyd onredelik – totdat jy besef dat ook jy op ’n tyd ’n vyand was van God, totdat Hy jou vergewe het. Wanneer jy ’n vyand liefhet, sien jy hom of haar soos wat Christus hulle sien: ’n mens wat genade nodig het. Dit verg gebed om tot hierdie punt te kom. As jy vir ander bid, kan jy nie anders as om om te gee vir hulle nie. Dit is hoe jy die krag kan hê om nié terug te baklei wanneer hulle jou seermaak nie, en dit is hoe God ’n vyand in ’n vriend kan verander. 

Wat beteken dit regtig om jou vyande lief te hê? 

Day 8Day 10

About this Plan

Geanker in genade

God bewys nie net genade aan jou elke keer as jy sondig nie, maar Hy vergewe jou en bewys elke dag, 365 dae ’n jaar, opnuut genade aan jou. Ontvang dit met ’n dankbare hart en wees daarom gereed om meer genade aan ander te bewys. Hierdie leesplan is saamgestel uit GEANKER IN GENADE.

More