YouVersion Logo
Search Icon

Geanker in genadeSample

Geanker in genade

DAY 11 OF 12

Stories van geloof

God wou gehad het sy kinders moet die verlede onthou sodat hulle voortdurend bewus is van sy genade en almag. Dit lei tot ’n gesindheid van danksegging en aanbidding, en ’n seker hoop op die toekoms.

Wat is die geskiedenis van jou verhouding met God? Kan jy sê wat Hy vir jou gedoen het? Sulke geloofstories uit die verlede is ’n manier om jou aan te moedig tot groter gehoorsaamheid en vertroue.

Met wie kan jy die storie van jou geestelike reis deel? 

Scripture

Day 10Day 12

About this Plan

Geanker in genade

God bewys nie net genade aan jou elke keer as jy sondig nie, maar Hy vergewe jou en bewys elke dag, 365 dae ’n jaar, opnuut genade aan jou. Ontvang dit met ’n dankbare hart en wees daarom gereed om meer genade aan ander te bewys. Hierdie leesplan is saamgestel uit GEANKER IN GENADE.

More