Die Belangrikheid Van GebedMuestra

Bid Volgens Sy Wil
Lees: 1 Johannes 5:13–15
SOAP: 1 Johannes 5:14
En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra.
Oordenking
Johannes het in sy brief 'n wonderlike belofte met gelowiges gedeel. Hy het 'n deeglike verduideliking gegee van hoe ons as gelowiges in Christus met sekerheid kan weet dat ons die ewige lewe in die Seun van God het. Johannes het toe vir sy gehoor gesê dat hulle volkome vertroue in hul ewige veiligheid by Christus kan hê. Boonop kan ons die vertroue hê dat Hy ons hoor wanneer ons iets vra volgens die wil van God.
Hoe vertroostend is dit om te weet, as volgeling van Christus, word jou versoeke gehoor, ongeag wat jou versoek is. God het nog nooit en sal nooit 'n dowe oor draai na enige van jou versoeke nie. Hy hoor jou. Elke keer as ons in die versoeking kom om hoop te verloor en te wonder of God ons omstandighede raaksien, kan ons seker wees dat Hy dit wel doen.
Hy sal altyd jou gebede hoor. Wanneer ons volgens sy wil (wat ons nie altyd ken nie), bid, kan ons verseker wees dat Hy ons sal gee wat ons vra. God berispe of veroordeel ons nie omdat ons bid of dinge vra wat buite sy wil is nie, en Hy hoor ook daardie gebede. Ons kan God se goedhartigheid sien deur die maniere waarop Hy ons nie altyd gee wat ons vra nie. Soms weet ons nie wat die beste is nie; dit is 'n bewys van sy liefderyke goedhartigheid dat Hy ons dikwels nie gee wat ons vra nie. As Hy ons iets buite sy wil sou gee, sou dit nie vir ons ten goede wees nie. Ons kan berus in die waarheid dat Hy in beheer is, en Hy gee diep om vir ons.
God antwoord nie ons gebede altyd presies soos ons gehoop het nie, maar Hy antwoord altyd in ooreenstemming met sy wil, en sy wil is altyd vir ons ten goede en tot sy eer. Vanweë sy groot liefde vir ons en vanweë Jesus se opstanding, het ons toegang tot God se konstante teenwoordigheid, nuwe hoop, nuwe lewe en ewige veiligheid.
Gebed
Hemelse Vader, ek dank U dat ek vir U belangrik is. Ek dank U dat U my hoor. Here, help my om u beloftes in u Woord te vertrou. Laat my hart nie beïnvloed word deur die antwoord wat ek van U mag ontvang nie, maar slegs deur u belofte dat U my hoor en dat U omgee. In die Naam van Jesus, amen.
Escritura
Acerca de este Plan

As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.
More
Planes relacionados

Las 'Malas' Mamás de la Biblia: Cómo Dios sigue obrando en los peores momentos

9 verdades para vivir conforme a la voluntad de Dios

Comienza. El Camino a Una Vida Plena

Día Global de Oración Universitaria: Guía de Oración de 40 Días

Experiencia De Amor

Jesús, Enséñame: Colaborando Con El Espíritu Santo en Mi Maternidad

Historias Asombrosas - La Provisión de Dios

Mi Camino Con Dios

Siervo, ¿Yo?
