Die Belangrikheid Van GebedEjemplo
![Die Belangrikheid Van Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F29107%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Bid vir God se Koninkryk en Jou Daaglikse Sake
Lees: Matteus 6:5–13; 7:7–11
SOAP: Matteus 7:11
As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
Oordenking
In die Bergrede het Jesus instruksies gegee oor hoe om te bid. Hy het weer verduidelik dat gebed oor jou hart gaan. God is nie besorg oor ons voorkoms of ons woorde wanneer ons bid nie. Hy gee om vir ons harte. Wanneer ons tot Hom bid, ken Hy nie net reeds ons harte nie, maar weet presies wat ons nodig het.
Jesus het ons 'n duidelike beeld gegee van hoe ons tot God moet nader, waarvoor ons moet bid en wat die toestand van ons harte moet wees wanneer ons bid. Die gebed wat Jesus beskryf het, besing die lof van God die Vader, vra dat sy wil bo alles moet geskied en pleit om voorsiening, vergifnis en bevryding.
Maar dit is nie al nie. Terwyl Jesus sy preek voortsit, spreek Hy God se groot vrygewigheid en liefde uit. Hy het die luisteraars daaraan herinner dat God se wil vir ons ten goede en tot sy heerlikheid is. Ons kan glo dat Hy vir ons goeie dinge sal gee as dit volgens sy goeie plan en doelwitte gebruik word.
Die hart van ons Vader is nie boos nie. Hy sal ons nooit dinge gee wat ons benadeel nie, maar Hy vind vreugde daarin om goeie dinge aan ons te gee. Hy wil, net soos 'n goeie Vader, vir ons gee wat ons vra, as dit volgens sy plan is. Wanneer ons bid, kan ons die hart van ons goeie Vader vertrou, selfs al is die antwoord nie waarop ons gehoop het nie. Ons kan bid vir die bevordering van sy koninkryk en vir ons daaglikse behoeftes en verwagtinge, wetende dat die twee met mekaar verweef is. God is 'n goeie Vader, en ons kan Hom vertrou!
Gebed
Hemelse Vader, U is my genadige Voorsiener wat mildelik aan u kinders gee. Here, help my om 'n goeie bestuurder te wees van die hulpbronne waarmee U my geseën het. Bemagtig my om u genade en barmhartigheid uit te stort aan die mense om my. Here, verwyder alle selfopgelegde pogings om u goedkeuring en liefde te verdien. Herinner my daaraan dat u liefde 'n geskenk is, oneindig is en nooit faal nie. In die Naam van Jesus, amen.
Escrituras
Acerca de este Plan
![Die Belangrikheid Van Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F29107%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.
More
Planes relacionados
![Lectura Diaria de la Biblia de Febrero de 2025. La guiadora palabra de Dios: compartiendo el amor de Dios](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54796%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Lectura Diaria de la Biblia de Febrero de 2025. La guiadora palabra de Dios: compartiendo el amor de Dios
![Encuentros Transformadores: El Poder Del Evangelio](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54892%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Encuentros Transformadores: El Poder Del Evangelio
![Aprendiendo a juzgar correctamente](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54797%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Aprendiendo a juzgar correctamente
![Victoria en la Cruz](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54798%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Victoria en la Cruz
![Todos a La Mesa](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54761%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Todos a La Mesa
![Amistades Transformadoras](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54929%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Amistades Transformadoras
![Salmo 19: La suficiencia de la palabra de Dios](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55023%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Salmo 19: La suficiencia de la palabra de Dios
![Un Corazón Sin Límites](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55255%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Un Corazón Sin Límites
![Mucho Fruto](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55356%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mucho Fruto
![Leamos Juntos - 2](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54896%2F320x180.jpg&w=640&q=75)