Reis Na Die KripVoorbeeld

Gedring Om Te Soek
Tydens Jesus se geboorte het 'n nuwe helder ster in die hemel verskyn. Sy lig was so sterk dat dit die aandag van 'n groep wyse manne in die ooste getrek het, wat toe besluit het om 'n lang reis aan te pak op soek na die Koning wie se koms dit voorspel het. Hulle was hooggeleerde mans vanaf Wes-Asië, wat as filosowe, priesters en astroloë hulle lewens daaraan gewy het om na kennis te soek. Ten spyte van al hul geestelike soeke, was hulle honger na nog meer kennis.
Hulle was bereid om hulle gemaklike lewens en gerespekteerde beroepe agter te laat en alles te waag om die gevaarlike reis aan te pak, deur moeilike toestande en baie onbekende ervarings. Omdat hulle harte egter aangegryp is deur hierdie teken van 'n magtige Verlosser se geboorte, was hulle gedring om te soek totdat hulle Hom sou kry.
Wanneer ons, soos die wyse manne, van aangesig-tot-aangesig met Jesus kom, kan ons gewillig ons menslike kennis eenkant sit. Laat ons in die teenwoordigheid van sy ewige wysheid met vreugde die Een dien vir wie ons soek.
Aktiwiteit: Betaal dit vooruit! Wanneer jy weer 'n koppie koffie of lekkerny koop, betaal dan vir die persoon agter jou in die ry s'n ook.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n baba in 'n krip in Betlehem te gaan soek. Oor al die jare heen, het die uitnodiging nie verander nie. Dr. Charles Stanley gaan jou help om nader aan die Here te kom en jou aanmoedig om tydens hierdie Kersgety, tyd te maak om rus in die Vader se liefde te vind.
More