Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 18 VAN 70

Lewe in Geloof

Die Skrif herinner ons dat baie regverdige mans en vroue nie die vrug van hulle hoop gesien het, voordat hulle geloof nie swaar getoets is nie. In sommige gevalle het hulle nooit konkrete antwoorde op party van hulle gebede gesien nie. Tog het dit hulle nie weerhou om dag-na-dag in God te glo nie.

Vir vierhonderd eeue lank was daar geen profeet in Israel wat iets geskryf het nie, maar mans en vroue soos Simeon en Anna — godvresende mense wat vir die ware Messias gewag het — het steeds vasgehou aan hulle geloof dat die Here presies sou doen wat Hy gesê het Hy sou doen. Hulle het nie hoop verloor nie, selfs nie in hulle ouderdom nie. Geen wonder dat hulle die langverwagte Een dadelik herken het toe hulle Hom in sy ma se arms gesien het nie — alhoewel niemand anders nie.

Dit het nie saak gemaak dat hierdie jong familie duidelik arm was en die goedkoopste offer aan die tempel gegee het nie. Simeon en Anna het majesteit herken omdat hulle gedurig in gemeenskap met God was en deur geloof eerder as sig geleef het.

Aktiwiteit: Skenk 'n nuwe speelding aan 'n betroubare liefdadigheid wat Kersgeskenke aan behoeftige kinders versprei.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n baba in 'n krip in Betlehem te gaan soek. Oor al die jare heen, het die uitnodiging nie verander nie. Dr. Charles Stanley gaan jou help om nader aan die Here te kom en jou aanmoedig om tydens hierdie Kersgety, tyd te maak om rus in die Vader se liefde te vind. 

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting