Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 22 VAN 70

Hy Het vir Jou Gekom

Wanneer ons hierdie feestyd Christus se geboorte vier, moet die viering gaan oor die vreugde om geliefd te wees. Deur Jesus het die hart van God sy liefde vir jou onbeskaamd verkondig. Hy het gekies om vir jou te kom!

Jy het 'n Verlosser wat aan jou toegewyd is. Hy is die Vriend wat nader as 'n broer is — iemand wat deur bloed en ervaring aan jou verbind is. Wanneer die lewe dus rof word, kan jy rus in die wete dat Hy jou nooit sal verlaat nie. Jy is nooit alleen nie.

Terwyl jy nadink oor die rede vir sy koms, meer as 2000 jaar gelede, laat toe dat die Here jou hart aanraak met 'n hernude gewaarwording van sy teenwoordigheid. Dalk sukkel jy met 'n diepe seer en jy wonder hoe jy al daardie pyn sal kan hanteer. Jesus — Immanuel — is naby jou, en Hy sal deur enige moeilike beproewing saam met jou gaan en jou troos met krag, te midde van enige lyding. Laat die betekenis van sy koms na die wêreld, selfs nou nuwe hoop in jou lewe bring.

Aktiwiteit: Gebruik 'n viltpen om die woorde gekies en aanvaar op jou badkamer spieël te skryf. Herinner jouself elke oggend daaraan dat Jesus jou gekies en aanvaar het.

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n baba in 'n krip in Betlehem te gaan soek. Oor al die jare heen, het die uitnodiging nie verander nie. Dr. Charles Stanley gaan jou help om nader aan die Here te kom en jou aanmoedig om tydens hierdie Kersgety, tyd te maak om rus in die Vader se liefde te vind. 

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting