Reis Na Die KripVoorbeeld
Jesus Verander Lewens
Die nag toe Jesus gebore is, was die herders die eerste getuies. Stel jou voor hoe die nuus van persoon tot persoon versprei het. Betlehem was vol moeë reisigers en dit sou moeilik wees om die herders se opgewondenheid en verwondering te ignoreer.
Van sy geboorte tot sy hemelvaart, het Jesus die lewens van almal wat Hom ervaar het, verander. Omdat sy liefde 'n verandering maak aan almal wat daardeur geraak word, beïnvloed Hy steeds ons wêreld. Deur diegene onder ons wat deur sy liefde verander is, gaan Hy voort om die verlorenes met sy boodskap van nuwe lewe te bereik. Net soos die herders daardie eerste Kersfees was, is ons sy boodskappers.
Wat is jou verhaal hoe Jesus jou lewe verander het? Watter groter geskenk kan jy bied as om sy liefde te deel met diegene wat seerkry of doelloos soek?
Vier vandag sy geboorte — en al die maniere waarop Hy jou sy onvoorwaardelike liefde bewys het. Gaan vertel dan vir ander dat Hy hulle ook onvoorwaardelik liefhet.
Aktiwiteit: Deel die goeie nuus van groot blydskap! Vertel iemand van Jesus en die impak wat Hy op jou lewe gemaak het.
Klik hier om te leer hoe om nader aan die Vader te kom en jou verhouding met Hom te verdiep.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n baba in 'n krip in Betlehem te gaan soek. Oor al die jare heen, het die uitnodiging nie verander nie. Dr. Charles Stanley gaan jou help om nader aan die Here te kom en jou aanmoedig om tydens hierdie Kersgety, tyd te maak om rus in die Vader se liefde te vind.
More