Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 24 VAN 70

Nie Net Maar Nog 'n Baba Nie

Geen ander baba sou voorafgegaan word met honderde profesieë oor sy geboorte, lewe en dood nie.

Geen ander baba sou op die mees wonderbaarlike manier ooit verwek word nie.

Geen ander baba se koms sou werd wees om deur 'n hemelse leërskare aangekondig te word nie. 

Geen ander baba sou herders geïnspireer het om hulle skape agter te laat om Hom te vind nie.

Geen ander baba sou wyse manne uit die ooste gedwing het om na Hom te soek nie.

Geen ander baba sou Simeon se lewenslange wag die moeite werd gemaak het of prys oor Anna se lippe laat kom het nie.

Geen ander baba sou 'n man geword het wat blindes laat sien, dowes laat hoor, vryheid vir die besetenes te bring, dooies lewendig te maak en vergifnis vir die skuldiges te bring nie.

Geen ander baba sou die Lam van God word wat die sonde van die wêreld gewilliglik sou wegneem nie.

Nee, Hy was nie maar net nog 'n baba nie. Hy was, is en sal altyd Jesus Christus, Koning van konings en Here van die Here wees.

Aktiwiteit: Lees die verhaal van Jesus se geboorte in die evangelie van Lukas (1:26-2:21).

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n baba in 'n krip in Betlehem te gaan soek. Oor al die jare heen, het die uitnodiging nie verander nie. Dr. Charles Stanley gaan jou help om nader aan die Here te kom en jou aanmoedig om tydens hierdie Kersgety, tyd te maak om rus in die Vader se liefde te vind. 

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting