Reis Na Die KripVoorbeeld
Die Geboorte Was die Begin
Die boodskap van Kersfees eindig nie met die klein babatjie wat in doeke toegedraai in 'n krip lê nie. Ons moet die rede onthou waarom die baba gebore is. Die volle boodskap van Kersfees is dat die ewige God na die aarde toe gekom het as 'n mens, om sy eie skepping te red. Die klein babatjie in doeke het vir 'n doel gekom: Hy het gekom om te sterwe.
Daardie klein babahandjies wat hulself in 'n growwe krip uit hul doeke gewikkel het, is die hande van dieselfde skrynwerker wat later aan 'n ruwe kruishout vasgespyker is. Hulle is dieselfde hande, vol littekens, wat sy eie doodskleed versigtig opgevou het nadat hulle die sonde en die dood oorwin het om vir ons die ewige lewe te kon gee. Hulle is ook dieselfde hande wat liefdevol na onder reik om ons telkens weer op te tel deur hierdie dikwels moeilike lewe.
In hierdie Kersseisoen, wanneer almal so haastig en gejaagd is, moet ons waak om nie vasgevang te word in die bedrywighede en materialisme van hierdie wêreld nie.
Aktiwiteit: Maak self iets met jou hande — 'n kaartjie, 'n tekening, iets wat jy persoonlik gemaak het en gee dit aan iemand as 'n spontane geskenk.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n baba in 'n krip in Betlehem te gaan soek. Oor al die jare heen, het die uitnodiging nie verander nie. Dr. Charles Stanley gaan jou help om nader aan die Here te kom en jou aanmoedig om tydens hierdie Kersgety, tyd te maak om rus in die Vader se liefde te vind.
More