Reis Na Die KripVoorbeeld
Ontmoeting met Jesus
Stel jou die verwondering van die skaapwagters voor toe 'n engel van die Here met hulle praat, gevolg deur die menigte hemelse leërskare wat die naglug vul met anderwêreldse lig en musiek. Stel jou die opgewondenheid voor toe hulle hul skape in die veld los en alles kry, presies soos die engel hulle vertel het.
Tog was die mees lewensveranderende ervaring wat hulle die nag gehad het, hulle aangesig-tot-aangesig ontmoeting met die Messias. Dit het hulle harte beweeg tot aanbidding. Die engele het die nederige skaapwagters vertel wie die babatjie in die eenvoudige stal was, en hul afwagtende harte het hulle gelei om Hom te herken en Hom die eer en aanbidding te gee wat Hy as Koning verdien.
Netso, wanneer jy Jesus ontmoet en Hom sien vir wie Hy is, sal die werklikheid van sy liefde en heerlikheid jou hart vul met danksegging sodat jy Hom beter wil leer ken.
Aktiwiteit: Maak 'n speellys van jou gunsteling Kersfees- of aanbiddingsliedere. Dink na oor God se oorweldigende liefde vir jou terwyl jy daarna luister.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n baba in 'n krip in Betlehem te gaan soek. Oor al die jare heen, het die uitnodiging nie verander nie. Dr. Charles Stanley gaan jou help om nader aan die Here te kom en jou aanmoedig om tydens hierdie Kersgety, tyd te maak om rus in die Vader se liefde te vind.
More