Ruimte om asem te haal Voorbeeld

Breathing Room

DAG 5 VAN 5

Ek erken dit: Ek is 'n iemand wat mense tevrede wil stel. (Geld dit ook vir jou?) Ek besef daardie titel is nie volledig nie. As jy ingestel is om mense tevrede te stel, kan jy hulle ook teleurstel. Wanneer jy laat werk om jou baas tevrede te stel, stel jy jou oefenmaat teleur as jy nie by die gimnasium opdaag nie. Wanneer jy by die boekklub aansluit om jou vriende tevrede te stel, stel jy jou gesin en wederhelfte teleur as jy nie vir aandete by die huis is nie. Verstaan jy dit? Elke ja om iemand tevrede te stel, is ook 'n nee wat iemand anders teleurstel.

As jy soos ek is, betaal jy die prys vir hierdie optrede deur jou ruimte vir asemhaling in die proses prys te gee omdat jy alles wil doen. Ek sal aandete by die huis geniet en maar 'n paar minute laat by die boekklubgroep opdaag!

Aan die einde van ons bespreking oor ruimte vir asemhaling, wil ek 'n Ou Testamentiese verhaal met julle deel—en spesifiek een vers—wat 'n hele seisoen in my lewe verander het. Honderde jare voor Jesus aarde toe gekom het, is die stad Jerusalem ingeneem en amper heeltemal vernietig. Dit was dringend noodsaaklik om die mure te herbou en Nehemia was die projekleier. Eendag het hy 'n uitnodiging ontvang en sy reaksie was vir my 'n lewensveranderde vers. Nehemia het gesê: “…Ek is besig met 'n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle toe te kom?" (Nehemia 5:3)

Die eerste keer toe ek hierdie vers gelees het, het ek drie kindertjies by die huis gehad. Ek het die oudste tuis onderrig en my man het 'n nuwe kerk gestig. Ons het geen ruimte vir asemhaling gehad nie. Tog was dit vir my baie moeilik om uitnodigings en geleenthede van die hand te wys.

Nehemia se stelling het vir my die toestemming gegee om die belangrikste mense in my lewe eerste te stel. Om 'n ma te wees, was my "groot" werk. Ek kon nie na daardie komitee of praatjie toe gaan nie. As ek vir hulle ja sou sê, sou ek nee sê vir die "belangrikste mense" in my lewe.

Dames, ons kan onsself, ons tyd, ons geld en ons ruimte vir asemhaling weggee, totdat daar net oorskiet oorbly vir die mense vir wie ons die liefste is. Kom ons bring eerder ons ruimte vir asemhaling terug deur vir ons geliefdes eerste prioriteit te gee. Vir al die ander goed kan ons sê: "Ek doen 'n groot werk en kan nie kom nie."

As jy hierdie leesplan geniet het, kyk na die 4 videos waaruit dit geneem is: gratis Ruimte vir Asemhaling Oordenking Toep

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Breathing Room

Voel jy ooit dat jy niks geniet nie, omdat jy alles probeer doen? Jy maak jou pad deur die lewe met jou geliefdes terwyl jy verskeie take gelyktydig verrig...Jy is effektief. Maar jy is poot-uit. Al wat jy nodig het is ‘n bietjie ruimte om asem te haal. Met een verbasend eenvoudige uitnodiging bied God aan jou ‘n manier om jou oorweldigende pas te verruil vir een wat vir jou uiteindelik vrede sal bring. Hierdie plan wys jou hoe.

More

Ons wil graag vir North Point Ministries en Sandra Stanley bedank wat hierdie plan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://breathingroom.org