Ruimte om asem te haal Voorbeeld
In die chaotiese daaglikse pas van vergaderings, gebeure, verpligtinge, rondry van kinders, versorging van ouers, dien van ander, soeke na “tyd vir myself”, uitvoer van opdragte, jaag na die stad, maak myself moeg en raak energieloos... wil ek soms letterlik net gaan lê “in groen weivelde”, of sit langs “waters waar rus is”. (Alhoewel ek tevrede sal wees met ‘n koppie koffie op die agterstoep. Voel jy ook so?)
Ons het ruimte nodig om asem te haal.
Die ruimte om asem te haal, is die spasie tussen jou pas en jou perke. Dit is ‘n rustige geselsie met jou beste vriend. Dit is aandete om ‘n tafel, pleks van ‘n wegneem ete. Dit is die vermoë om mildelik te gee, omdat jy nie elke sent wat jy verdien uitgegee het nie. Die ruimte om asem te haal is ‘n doelbewuste, stadiger, kleiner lewe met nuwe prioriteite.
Ek weet dat jy sal saamstem dat hierdie tipe lewe beter klink as die gejaagde en oorweldigende gevoel van te veel verpligtinge. En tog, ‘n kykie na jou dagboek of "om te doen"-lys, wys waarskynlik dat jy—soos ons almal—sukkel om die pas te verslap.
Dus, wat is dit wat jou forseer om buite jou perke te lewe?
Dit is moeilik om te herken en bietjie moeilik om te erken, maar vir my is dit vrees. Ek is bang ek mis iets, daarom probeer ek aandete met vriende inpas, al was my dag uitputtend. Ek is bang ek raak agter, dus soek ek aanlyn vir ‘n nuwe motor, al makeer myne niks nie. Ek is bang ek stel mense teleur, dus ek stem in om op die komitee te dien, al het ek geen passie vir die projek nie... klink dit bekend?
Vrees fluister hierdie leuens aan ons dat ons agtergelaat en uitgelaat word, dus oorlaai ons ons dagboeke en dreineer ons bankrekeninge. Vrees steel ons ruimte om asem te haal. Maar weet jy watter bevel word die meeste in die Bybel herhaal? Moenie vrees nie. God sê dat ons nie moet toelaat dat vrees ons onderkry nie. Hy bied aan ons ‘n verbasend eenvoudige manier om vrees te oorkom.
Môre sal ons kyk hoe God ons (al vir duisende jare) uitnooi om ‘n bietjie ruimte om asem te haal, in ons lewens terug te bring. In die tussentyd, kyk na jou dagboek en vra: “Wat is die een ding waarvoor ek ingestem het om by te woon net omdat ek bang is ek mis iets of omdat ek dink ek sal iemand teleurstel deur nee te sê?”
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy ooit dat jy niks geniet nie, omdat jy alles probeer doen? Jy maak jou pad deur die lewe met jou geliefdes terwyl jy verskeie take gelyktydig verrig...Jy is effektief. Maar jy is poot-uit. Al wat jy nodig het is ‘n bietjie ruimte om asem te haal. Met een verbasend eenvoudige uitnodiging bied God aan jou ‘n manier om jou oorweldigende pas te verruil vir een wat vir jou uiteindelik vrede sal bring. Hierdie plan wys jou hoe.
More