Ruimte om asem te haal Voorbeeld

Breathing Room

DAG 3 VAN 5

As jy al ‘n verjaarsdag aangeteken het, geleer het vir ‘n eindeksamen, getrou het, ‘n baba verwag het of Kersfees gevier het, weet jy wat "dae aftel" is. Jy het dit waarskynlik nie so ooglopend gedoen nie, maar jy het presies geweet hoeveel dae vir inkopies, studies of as enkellopende jy voor die groot gebeurtenis oorgehad het.

In vandag se vers uit Psalm 90, vra Moses vir God om hulp om elke dag te lewe met die wete dat ons 'n sperdatum het—"ons jare skiet verby soos 'n gedagte." Wanneer Kersfees oor drie dae is en jy nog inkopies het om te doen, lê jy nie op die rusbank en kyk na vakansieflieks nie. Jy het belangriker dinge om te doen. Wanneer jy weet dat jou tyd beperk is, dwing dit jou om twee keer te dink wat jy met jou tyd doen.

Daar sal altyd aktiwiteite wees om aan aandag te gee, projekte om aan te pak, komitees om op te dien, reise om te onderneem en takies om af te handel. En vrees sal fluister dat jy alles moet doen, anders mis jy iets. Om jou dae te tel is asof jy al die aansprake op jou tyd deur 'n filter stuur. Dit is 'n manier om voorkeur te gee aan die mense en take wat die meeste saakmaak. Daardie kommitee waarby jy uit skuldgevoel aangesluit het? Los dit uit. Daardie reis vir jou werk wat jou vir ‘n week van jou kinders af gaan wegneem? Nie nou nie.

Wanneer ons besef dat ons tyd beperk is, kan ons ingeligte besluite neem oor wat meer belangrik is, of wie ons beperkte tyd waardig is. Moses sê dat ons "wysheid sal bekom." As jou program te vol is, jou verpligtinge te veel is, of jy oorweldig voel, tel jou dae. Erken dat jou tyd beperk is, (al hoop jy om nog jare lank te lewe), dus moet jy beperk wat jy met jou tyd doen. Ek belowe jou, deur hierdie filter toe te pas, sal jy die ruimte kry waarna jy smag om asem te haal.

Môre kyk ons na ‘n soortgelyke filter wat jou kan help om ruimte vir asemhaling in jou finansies te kry. In die tussentyd, vra jouself af: “Aan watter een rol of taak wil ek nie meer my beperkte tyd op bestee nie?”

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Breathing Room

Voel jy ooit dat jy niks geniet nie, omdat jy alles probeer doen? Jy maak jou pad deur die lewe met jou geliefdes terwyl jy verskeie take gelyktydig verrig...Jy is effektief. Maar jy is poot-uit. Al wat jy nodig het is ‘n bietjie ruimte om asem te haal. Met een verbasend eenvoudige uitnodiging bied God aan jou ‘n manier om jou oorweldigende pas te verruil vir een wat vir jou uiteindelik vrede sal bring. Hierdie plan wys jou hoe.

More

Ons wil graag vir North Point Ministries en Sandra Stanley bedank wat hierdie plan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://breathingroom.org