Ruimte om asem te haal Voorbeeld
![Breathing Room](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9324%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Vir God is geld nie net geld nie. Dit is meer as net rande en sente, lenings en begrotings. Die rigting waarheen jou geld gaan wys vir God waar die toegeneëndheid van jou hart lê. Hoe jy jou geld bestee (of soos ons vandag sal sien, jou bereidwilligheid om dit nie te bestee nie) wys aan God hoe toegewyd jy is om Hom te volg. Dit is waarom die stel van grense (of ruimte vir asemhaling) nie net die beste manier is om jou tyd te bestee nie, maar ook die beste manier is om jou geld te bestuur.
Dus, wat beteken dit om jou geld binne grense te bestuur? Dit beteken dat jy nie elke rand wat jy inkry weer uitgee nie. Jy los ‘n bietjie ruimte vir aemhaling tussen die geld wat inkom en dit wat jy uitgee. Vandag se vers uit Lukas wys vir ons waarom dit vir God so belangrik is dat jy jou geld so bestuur. Aan die einde van ‘n lang gelykenis wil Jesus seker maak dat sy hoorders verstaan wat Hy probeer sê, daarom sê Hy: “Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie...Julle kan nie vir God én Mammon dien nie.” Twee duisend jaar gelede kon die mense wat na Jesus kom luister het letterlik as slawe verkoop word as gevolg van onbetaalde skuld. Vandag kan ‘n kredietkaart maatskappy of ‘n verband uitlener jou meester wees. Die resultaat is dieselfde: iemand anders neem beheer van jou lewe oor.
God kan dit op jou hart lê dat jy na ‘n ander stad moet trek, maar jy sit vasgevang in ‘n verbandlening en kan nie jou huis verkoop nie. Dan is jy nie vry om Hom te volg nie. Dalk roep God jou om ‘n kind aan te neem, maar jy kan dit nie bekostig nie, want jy gee elke sent uit wat jy inkry, eerder as om iets te spaar. Dan is jy nie vry om Hom te volg nie. Jy voel dalk dat dit tyd is om op te hou werk, maar jou gesin is afhanklik van jou inkomste, want julle bestee tans elke sent wat inkom.
Hoe jy jou geld bestuur is vir God belangrik, omdat jou bankbalans jou daarvan kan weerhou om ja te sê vir God se roeping vir jou.
Dit is hoekom jy finansiële asemhalingsruimte nodig het. Deur jou geld binne perke te bestee (deur nie skuld te maak nie, jou uitgawes in te perk, jou lewensstandaard aan te pas) gee aan jou die vryheid om vrygewig te wees, om ander te dien, om ja te sê wanneer God jou stuur. Dit gee jou die vryheid om God te volg tot binne-in die heel beste weergawe van jou lewe.
Aangaande hierdie leesplan
![Breathing Room](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9324%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Voel jy ooit dat jy niks geniet nie, omdat jy alles probeer doen? Jy maak jou pad deur die lewe met jou geliefdes terwyl jy verskeie take gelyktydig verrig...Jy is effektief. Maar jy is poot-uit. Al wat jy nodig het is ‘n bietjie ruimte om asem te haal. Met een verbasend eenvoudige uitnodiging bied God aan jou ‘n manier om jou oorweldigende pas te verruil vir een wat vir jou uiteindelik vrede sal bring. Hierdie plan wys jou hoe.
More
Verwante Leesplanne
![Tydbestuur Beginsels uit die Woord van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11397%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Tydbestuur Beginsels uit die Woord van God
![Rusteloos](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15303%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Rusteloos
![Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13048%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid
![Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12737%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie
![Heilige Gejaag: Koester 'n Hardwerkende, Uitgeruste Lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11797%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Heilige Gejaag: Koester 'n Hardwerkende, Uitgeruste Lewe
![Gewoontes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13743%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Gewoontes
![Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11809%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing
![Onwrikbaar, Met Lisa Bevere](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11418%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Onwrikbaar, Met Lisa Bevere
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)