Wie is Jesus?Voorbeeld
Jesus Is Die Opgestane Here
Was jy al by 'n begrafnis? Ek weet dat dit 'n morbiede vraag is en ek is jammer dat ek dit sommer so reguit vra. Begrafnisse laat allerhande groot vrae oor die dood ontstaan en ook lewe na die dood.
Is die dood 'n skielike einde, soos 'n punt, wat ons aardse bestaan beëindig? Of is die dood meer soos 'n komma wat ons laat oorgaan na 'n ander soort bestaan?
Is daar enige rede om te glo in lewe na die dood en hoop anderkant die graf?
Die toneel in hierdie verhaal waarvan ons lees speel af in 'n bo-vertrek, kort nadat die Romeine vir Jesus doodgemaak het. Die dissipels was in die vertrek bymekaar, doodbang vir die vernietigende wending van sake — en ewe skielik verskyn Jesus in hulle midde.
Dis nie die eerste keer wat Jesus lewendig aan sy dissipels verskyn het nie. Tomas was nie by die vorige geleenthede teenwoordig nie, en hy was skepties oor die hele storie. Jesus het egter na hom geloop en vir hom gesê:
“'Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.' En Tomas antwoord en sê vir Hom: 'My Here en my God'“ (Johannes 20:27-28 AFR53).
Dit is waar ons die uitdrukking van 'n "ongelowige Tomas” kry.
Net soos Tomas, het ons almal ons oomblikke van twyfel — oomblikke wanneer ons wonder of God werklik bestaan of nie — of God ons werklik liefhet? Ons mag onsself afvra: "Is dit alles waar? Kan ek vertrou wat ek nie kan sien nie?"
Gelukkig is God nie bevrees oor ons twyfel nie, wanneer ons ons twyfel na Hom toe bring, is dit eintlik 'n daad van geloof. Ons leer in hierdie verhaal dat Jesus gewillig is om nader aan ons te beweeg te midde van ons vrae, dikwels word 'n sterker geloof met groter vertroue aan die anderkant van ons worstelstryd met ons twyfel gevind.
Twyfel ter syde, die goeie nuus is dat ons baie soliede redes het om te glo dat God Jesus uit die dood opgewek het. Hier is 'n paar:
- Jesus se graftombe was die Sondag leeg, nadat Hy die Vrydag gekruisig en dood verklaar is.
- Jesus het aan sy dissipels verskyn oor 'n tydperk van 40 dae, selfs aan twyfelaars soos Tomas en skeptici soos Jesus se broer Jakobus en ook Paulus wat nie oorspronklike volgelinge van Jesus was nie.
- As gevolg van hierdie verskynings is die dissipels se lewens drasties herskep sodat hulle bereid was om lyding te verduur en vir hulle geloof in Jesus te sterf. Natuurlik is daar mense wat vir sekere oortuigings (of godsdienste) sterf, maar niemand by sy volle verstand sal vir iets sterf wat hulle weet vals is nie! Soos die verhaal ons daaraan herinner, die eerste dissipels was daar teenwoordig om te weet of die verhale oor Jesus se opstanding waar was of nie!
Die beste manier om die groei van die Christendom te verduidelik, die voortdurende herskepping van lewens tot vandag, asook al die inligting soos hierbo gelys — is die opstanding van Jesus Christus!
Hierdie vyf-dag leesplan het gefokus op die identiteit van Jesus. Die fisieke opstanding van Jesus gee vir ons die finale leidraad.
God Self, bevestig Jesus se identiteit deur 'n wonderwerk.
Jesus is die ware Seun van God en ons Verlosser!
Die opstanding beteken dat die dood nie die finale sê het nie.
Daar is hoop anderkant die graf.
Dood is nie 'n punt nie — dit is 'n komma wat ons verder neem tot in die teenwoordigheid van Jesus.
Ons word uitgenooi om Jesus te antwoord deur die woorde van Tomas te eggo: "My Here en my God!”
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Jesus is die sentrale figuur in die Christelike geloof. Hierdie 5-dag leesplan kyk in diepte na wie Hy is — vergewer van sondes, vriend van sondaars, wonderwerker en opgestane Here.
More