Wie is Jesus?Voorbeeld
Die Verhaal van die Verlamde Man: Jesus is die Een wat Sonde Vergewe
Indien jy 'n superheld kon wees, wat sou jy as jou superkrag kies? Dink baie mooi oor hierdie belangrike vraag voordat jy antwoord.
Om te kan vlieg?
Onsigbaarheid?
Om gedagtes te beheer?
Onvernietigbaarheid?
Wat as daar 'n "al die bogenoemde"-opsie was?
Op die oppervlak is ons bewondering van superhelde bloot ons begeerte om vermaak te word en te ontsnap van die alledaagse moeilikhede van die lewe. Op 'n dieper vlak, mag ons dalk beenaf wees oor superhelde as gevolg van ons natuurlike menslike smagting na redding, en ons hunkering na mag wat bo die normale moontlik is.
Jesus was nooit 'n superheld soos in die Marvel-sin nie, wanneer ons die evangelies lees, vind ons uit dat Jesus wonderbaarlike vermoëns besit het, ver bo wat as normaal beskou is, soos om die siekes gesond te maak en demone uit te dryf, en as gevolg daarvan het Jesus 'n skare gelok en gerugte van sy krag het soos 'n veldbrand versprei.
In hierdie verhaal het vier mans hierdie gerugte gehoor van die wonderwerker en het die reis aangepak om Hom te soek. Hulle was vasbeslote om hul verlamde vriend na Jesus toe te bring, maar by hulle aankoms, kon hulle nie deur die skare mense tot by Jesus kom nie.
“En toe hulle vanweë die skare nie naby Hom kon kom nie, maak hulle die dak oop waar Hy was, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die bed waar die verlamde op lê laat afsak” (Markus 2:4 AFR53).
Kom ons stop vir 'n oomblik hier.
Hierdie ouens het letterlik die mense se huis verniel!
Gelukkig het Jesus hulle vernietiging van eiendom oorgesien en vir die verlamde gesê, “Seun, jou sondes is jou vergewe” toe het Jesus sy bene genees. Die skare was met ontsag vervul, maar die geestelike leiers het in hul harte gevra: “Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?”
Die enigste een wat alle sondes kan vergewe is die enigste Een wat opgeoffer is vir alle sondes — dit is Jesus self.
Weereens gee hierdie verhaal ons 'n leidraad van Jesus se identiteit. In hierdie verhaal praat en tree Jesus namens God op sonder enige verskonings. Jesus het selfs bewyse voorgelê van sy Goddelike gesag om sondes te vergewe deur wonderwerke te doen. Met ander woorde, hierdie verhaal vertel vir ons dat Jesus God is!
Ons mag dalk nie fisiek verlam wees soos die man in die verhaal nie.
Op 'n persoonlike vlak het ons egter almal al foute gemaak, party van ons voel verlam van skaamte, ons vrees en ons tekortkominge. Ons bene kan dalk goed werk, maar ons lewens voel nog steeds stukkend, want ons diepste probleme is altyd geestelik voordat dit fisiek is.
Ons diepste behoefte is om vergewe te word en met ons Maker te versoen — om die helende mag van God se liefde te ervaar terwyl dit in ons onsekerheid insyfer en ons heelmaak.
Jesus is nie 'n superheld uit 'n rolprent nie.
Jesus is werklik.
Pragtige dinge gebeur wanneer jy naby Jesus kom — liggame word gesond gemaak, harte word genees, vrese word gestil, hoop word gebore en skande word weggeneem.
Gaan ons dus ons sondes by die naam noem en Jesus toelaat om ons sondes te vergewe en ons vry te maak? Vertrou ons ook dat Jesus dit vir ons vriende kan doen? Indien wel, is ons gewillig om enigiets te doen om ons vriende aan Jesus voor te stel?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Jesus is die sentrale figuur in die Christelike geloof. Hierdie 5-dag leesplan kyk in diepte na wie Hy is — vergewer van sondes, vriend van sondaars, wonderwerker en opgestane Here.
More