Wie is Jesus?Voorbeeld

Who Is Jesus?

DAG 3 VAN 5

Jesus Is Die Lig

Was jy al bang vir die donker? 

Slaap jy nog steeds met 'n naglig? 

Jy kan dit maar erken. Hier is 'n veilige plek. 

Daar is iets omtrent pikdonker wat rillings langs ons ruggraat afstuur en ons gedisoriënteerd laat voel. 

Wanneer jy vir die donker bang is, leer jy om die lig lief te hê. 

Lig verhelder ons omgewing. Lig wys ons waar ons met ons voete moet trap. Lig laat ons toe om diegene te bewonder vir wie ons lief is. Lig is noodsaaklik vir lewe, beide biologies en geestelik. 

In die Bybel word lig dikwels as 'n simbool vir intellektuele begrip en sedelike reinheid gebruik. Om in die donker te wandel, verwys daarna om in opstand teen God en sy wil te lewe, maar om in die lig te wandel beteken ons ontdek wie God is en leer om Hom te volg. Hiervoor het ons egter Jesus se hulp nodig. 

In die Bybelverse wat ons pas gelees het, verklaar Jesus dat Hy die Lig van die wêreld is! 

Jesus is ons lig wat die gesig van God verhelder en ons op 'n pad na oorvloedige lewe lei. 

Jesus is nie net die lig van die wêreld nie, maar jy ook! In Matteus 5:14 sê Jesus aan sy volgelinge: "Julle is die lig vir die wêreld." 

As Jesus die Seun is, is sy volgelinge ook bedoel om soos spieëls sy lig te weerkaats. 

As ons die liefde en waarheid van Jesus in ons skole, huise en vriendskappe laat skyn, is ons besig om die donker in ons wêreld weg te stoot; ons bring hoop en liefde in die Naam van Jesus, terwyl ons vertrou dat mense ons lig sal volg na die bron daarvan, Jesus self!

Lig behoort nie verberg of weggesteek te word nie.

Lig moet buite skyn sodat almal dit kan sien. 

Die doel van lig is om die donker te verdryf. 

Hoe kan ons dus die liefde van God in ons skool of huis bring met vriendelike woorde en goeie dade? 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus?

Jesus is die sentrale figuur in die Christelike geloof. Hierdie 5-dag leesplan kyk in diepte na wie Hy is — vergewer van sondes, vriend van sondaars, wonderwerker en opgestane Here.

More

Hierdie leesplan is verskaf deur "Alpha and the Alpha Youth Series", 'n interaktiewe 13-deel reeks wat die lewe se grootste vraagstukke verken. Vir meer inligting besoek asseblief: http://alpha.org/youth