Wie is Jesus?Voorbeeld

Who Is Jesus?

DAG 4 VAN 5

Die Brode en Die Vissies

Het jy al na die Disney-rolprent: “The Prince of Egypt” gekyk?

Ek sal eerlik wees — dit is nie "Alladin" nie. 

Selfs die "Lion King" was 'n beter rolprent. 

Nietemin, anders as "Aladdin" of die "Lion King", is die rolprent van die "Prince of Egypt" in breë trekke gebaseer op 'n ware verhaal wat in die Bybel voorkom — die uittog uit Egipte. 

In die Ou Testamentiese boek Eksodus, het God vir Moses gebruik om die volk uit Egipte van slawerny te bevry. Later het die Israeliete deur die woestyn rondgeswerf moeg, vuil en honger. Hulle het gekla oor die tekort aan kos sodat God vir hulle manna vanuit die hemel gestuur het, wat in Hebreeus "wat is dit?" beteken.

Hierdie hele rolprent beslaan 'n groot gedeelte van die Bybelse verhaal. 

Jy mag dalk vra: “wat het die uittog te doen met die verhaal wat ons in die evangelie lees?” 

Die antwoord vind ons in die brood. 

In Johannes 6 bevind die mense hulle in die woestyn en sonder kos. Jesus het 'n seuntjie se middagete geneem, opgekyk na die hemel, gebid, en daarna het Hy die paar broodjies gebreek en wonderbaarlik aan duisende mense voorsien. 

Klink dit bekend? 

Weereens het ons brood wat wonderbaarlik aan God se volk in die woestyn voorsien is. 

Wat vertel dit ons van God se identiteit in die konteks van die ontvouing van sy plan in die geskiedenis?

Moses het geskryf van 'n profeet wat groter is as hyself, 'n wonderlike leier en verteenwoordiger van God, wat sou kom. Jesus vervul hierdie belofte en bring selfs 'n groter verlossing as die uittog uit Egipte. Jesus sal soos 'n nuwe Moses wees wat 'n nuwe uittog sal lei om die volk van God van hul sondeslawerny te verlos. As die beloofde Verlosser sal Hy sy mense lei na die uiteindelike beloofde land — God se nuwe aarde en hulle intussen van geestelike voedsel voorsien om hulle te onderhou tot daardie dag!

Die verhaal wat ons nou net gelees het, gee ons 'n blik in God se uitnodiging aan mense soos ons — om deel te word van sy ewige plan. 

Die naamlose seuntjie kon sy kos vir homself gehou het. Hy kon sy middagete self geëet het, maar dan sou hy God se wonderwerk misgeloop het. In plaas daarvan was sy hand oop en vrygewig, wat hom toegelaat het om deel te wees van iets wat groter as hyself was! 

Moet dus nie misloop wat God besig is om in die wêreld te doen net omdat jou hart en hande vir Hom en ander mense toe is nie. Moenie 'n wonderwerk verruil vir 'n eenvoudige middagete nie of onmiddellike sekuriteit vir 'n langtermyn impak in die koninkryk van God nie. 

In plaas daarvan, vra jouself af wat in jou hande is. Watter talente, gawes, kundigheid en hulpbronne het God vir jou gegee?  Dit mag dalk vir jou nie na baie lyk nie, maar ons God het nie baie nodig om 'n wonderwerk te doen nie — Hy het slegs vyf brode en twee vissies nodig gehad. 

Met ander woorde, Hy het net dit nodig wat in jou hande is. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus?

Jesus is die sentrale figuur in die Christelike geloof. Hierdie 5-dag leesplan kyk in diepte na wie Hy is — vergewer van sondes, vriend van sondaars, wonderwerker en opgestane Here.

More

Hierdie leesplan is verskaf deur "Alpha and the Alpha Youth Series", 'n interaktiewe 13-deel reeks wat die lewe se grootste vraagstukke verken. Vir meer inligting besoek asseblief: http://alpha.org/youth