Wie is Jesus?Voorbeeld

Who Is Jesus?

DAG 2 VAN 5

Jesus Is Die Vriend Van Sondaars

Die kafeteria is nie altyd die mees welkome plek gedurende middagete nie. 

Maaltye kan 'n geleentheid wees om mense in te sluit of uit te sluit. Maaltye kan versperrings oprig of dit afbreek. Die persoon of mense wat etenstye by jou aan tafel sit, weerspieël aan toeskouers wie jy aanvaar en insluit. 

Maaltye in Jesus se tyd vertel soortgelyke verhale. 

Die godsdienstige leiers het Jesus dikwels gekritiseer as gevolg van die mense wat saam met Hom geëet het, want in daardie kultuur was die maaltye simbolies van vriendskap en aanvaarding; wat ander verras het was dat Jesus saam met mense geëet het wat mislukkings was, oortredings begaan het en blykbaar ver van God af was. 

“En toe die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom saam met die tollenaars en sondaars sien eet, sê hulle vir sy dissipels: 'Wat is dit dat Hy saam met die tollenaars en sondaars eet en drink?'” (Markus 2:16 AFR53).

"Jesus het daarop geantwoord: 'Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering'” (vers 17 AFR53).

'n Deel van Jesus se identiteit was sy reputasie om "'n vriend van sondaars" te wees. 

Verbeel jou dat God se koninkryk 'n partytjie is. Die Fariseërs nooi net diegene wat sosiaal aanvaarbaar is, die wat sedelik en moreel onberispelike mense is, wat by die reëls hou en baie godsdienstig voorkom. 

Jesus, aan die ander kant, nooi almal. Dit maak nie saak wat jy gedoen het of hoe erg jy verbrou het nie — jy is uitgenooi na God se partytjie deur 'n verhouding met Hom. Daar is plek aan sy tafel vir rebelle en wetsoortreders.

Dit het die Fariseërs woedend gemaak, want hulle het gedink dat heiligheid, sedelike reinheid of die regte gedrag tot 'n verhouding met God lei. Jesus het geweet om heilig op te tree en reg te leef, net die resultaat van 'n verhouding met God is.

Om dit op 'n ander manier te stel — in plaas daarvan, om eers te verander voordat God jou kan liefhê, nooi Jesus ons uit om te glo, God het jou lief en sy liefde kan jou verander. Jesus begin nie met 'n lewenstyl nie — Hy begin met die liefde van God, wetende dat die liefde van God ons karakter en lewe met die verloop van tyd sal verander. 

Deur Jesus, nooi God ons om te behoort voordat ons glo en selfs voordat ons ons goed gedra, want ons uitnodiging na God se partytjie is nie gebaseer op ons goedheid nie, dit is op sy genade gebaseer.

Jesus se etenstafel vertel 'n verhaal van God se genade en aanvaarding van alle soorte mense. 

Ek wonder watter soort verhaal ons etenstafels vertel?  

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus?

Jesus is die sentrale figuur in die Christelike geloof. Hierdie 5-dag leesplan kyk in diepte na wie Hy is — vergewer van sondes, vriend van sondaars, wonderwerker en opgestane Here.

More

Hierdie leesplan is verskaf deur "Alpha and the Alpha Youth Series", 'n interaktiewe 13-deel reeks wat die lewe se grootste vraagstukke verken. Vir meer inligting besoek asseblief: http://alpha.org/youth