Geestelike OorlogvoeringVoorbeeld

DAG 1: Die Stryd Teen Die Bose
Nadat ek gered is, het ek gedink ek gaan my lewe langs stille waters en by groen weivelde leef. Ek het geen idee gehad dat ek eintlik as 'n soldaat in God se weermag aanmeld nie.
Sedertdien het ek geleer dat gelowiges soldate is en Jesus nie gekom het om vrede nie, maar die swaard te bring. Ek het ontdek dat ek meer as 'n oorwinnaar in Christus is. Dit impliseer natuurlik ook dat goddelose en onsigbare magte probeer om my te oorwin.
Hou hierdie waarheid in gedagte: die vyand kom om dood te maak, te steel en te vernietig. Elke bose gees het dieselfde doel voor oë. Hoe hulle die doel bereik — hul strategieë en benaderings — verskil. 'n Gees van vrees val jou geloof aan, terwyl 'n gees van verwerping jou identiteit aanval. Die Satan is strategies. Sy weermag is uiters georganiseerd en hy stuur spesifieke geeste om gelowiges te weerhou van hulle koninkryksdoel.
My gebed is dat jy 'n onderskeidingsvermoë sal ontwikkel om geeste wat jou lewe — en die lewens van jou geliefdes — teëstaan, te kan uitken en dat jy die nodige geestelike vaardighede sal ontwikkel om terug te veg. Geestelike slawerny kan op baie maniere openbaar word, maar die goeie nuus is dat die oorwinning joune kan wees. Wanneer ons met Godgegewe gesag leef, kan ons doeltreffend oorlog voer en wen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Deur middel van hierdie kragtige lering sal jy 'n dieper begrip kry van hoe om 'n strategie uit te werk waarmee jy die vyand kan uitoorlê en verslaan en so sy plan om jou lewe te vernietig, dwarsboom.
More
Verwante Leesplanne

Oorlogvoering

Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen

Die Woord van God vir Elke Behoefte

Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes

Gewaagde Gebede

Lewe Veranderd: Geestelike Oorlogvoering

As ek weer kon sê

Skeppingsdoel van die Mens

Aanklag
