Geestelike OorlogvoeringVoorbeeld
DAG 2: Die Gees van Isebel
Die gees van Isebel is daarop gemik om te verlei en werk dikwels deur lering en profesie. Hierdie gees verlei die heiliges tot afgodery en onsedelikheid. Hierdie gees gebruik beheer en manipulasie, maar tog is dit nie die einddoel nie. Isebel se einddoel is moord. Die loon van die sonde is die dood en Isebel verlei mense om sonde te doen.
Predikers — of enigiemand anders — wat swig voor seksuele sonde, maak deel uit van Isebel se trofeë. As jy enigsins iets vir God doen, wil Isebel jou stem stilmaak. As Isebel nie daarin kan slaag om jou stem stil te maak nie, sal sy probeer om jou stem te verdraai, deur jou te verlei om jouself te besoedel deur haar aktiwiteit te verdra.
Jy kan Isebel nie vir altyd vernietig nie, maar jy kan jou betrokkenheid daarby verbreek en weier om dit te verdra.
Vader, ek het berou dat ek Isebel verdra en vra u vergifnis, in die Naam van Jesus. Ek vra dat U my hart sal genees van enige bewuste of onbewuste seerkry, wonde, oortredings, pyne, trots, verwerping, opstand, of enige ander oop deur waardeur Isebel moontlik my lewe kan binnekom.
Ek verbreek Isebel se heksery, beherende magte, vleitaal, bedrog, vloekwoorde, vreesaanvalle, valse beskuldigings, valse profetiese uitsprake, subtiele verleidings, towery, intimidasie en ander ongerymde bedrywighede, in die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Deur middel van hierdie kragtige lering sal jy 'n dieper begrip kry van hoe om 'n strategie uit te werk waarmee jy die vyand kan uitoorlê en verslaan en so sy plan om jou lewe te vernietig, dwarsboom.
More