Geestelike OorlogvoeringVoorbeeld

DAG 4: Die Lokaas van Bitterheid
My gedagtes was 'n maalkolk waarin dieselfde gedagtes om en om gedraai het. My man het my en my tweejarige met 'n klomp skuld gelos, sodat hy ewe skielik 'n nuwe lewe kon begin met 'n vrou ongeveer die helfte van sy ouderdom, in 'n vreemde land. Ek was woedend en wraakgierig. Ek was verbitterd — verby verbitterd — en dit het nie die gawe van onderskeiding gekos om dit raak te sien nie. Ek het hom gehaat en was baie kwaad vir God.
Bitterheid is dodelik. Met die verloop van tyd sal bitterheid jou gees besoedel en jou vermoë om God se teenwoordigheid aan te voel of sy stem te hoor, heeltemal verdoof. As jy vir God kwaad is, wees dan eerlik met Hom. Gee jou woede vir Hom en Hy sal daardie woede in vrede omskep en jou 'n groter openbaring van sy opperheerskappy laat sien, as jy Hom toelaat.
Here, ek kies om hulle te vergewe wat my seergemaak, aanstoot gegee, misbruik, beledig, gebruik of te na gekom het. Help my Here, om die vyand se strategie te herken as hy my wil vasvang in gegriefdheid, bitterheid en onvergewensgesindheid. Help my om nie mense se sonde teen hulle te hou nie. Leer my om nie met 'n veroordelende hart te reageer wanneer ek seerkry nie. Genees my emosies en vernuwe my gees. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Deur middel van hierdie kragtige lering sal jy 'n dieper begrip kry van hoe om 'n strategie uit te werk waarmee jy die vyand kan uitoorlê en verslaan en so sy plan om jou lewe te vernietig, dwarsboom.
More
Verwante Leesplanne

Oorlogvoering

Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen

Die Woord van God vir Elke Behoefte

Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes

Gewaagde Gebede

Lewe Veranderd: Geestelike Oorlogvoering

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die Andersheid Van God

Van vrees na vertroue
