Geestelike OorlogvoeringVoorbeeld
DAG 3: Vrees se Valse Gevoelens
Vrees het my siel al as klein kindjie begin ontsenu. Ek kan nog duidelik onthou hoe ek baie nagte die gees van vrees in my slaapkamer gesien en hard na my ma geroep het. My ma het met 'n besem gekom om dit weg te jaag, terwyl sy gedink het dit was maar die resultaat van my ooraktiewe verbeelding. Dit het egter altyd met nog groter wraak teruggekom.
Nadat ek deur baie traumatiese episodes gegaan het, is my volwasse lewe deur vrees oorheers. Vrees se valse gevoelens was nie meer net gevoelens nie. 'n Legio geeste van vrees het elke area van my lewe beïnvloed en het op verskillende maniere in my lewe sigbaar geword.
Vrees is jou aartsvyand. Dit is 'n bobaas wapen in die hand van die vyand, wat God se beloftes vir jou lewe uitdaag. Vrees kom om jou vooruitgang saam met God te keer. Jy kan egter vry wees van sy greep op jou denke. Jy kan oor vrees beheer neem wanneer dit probeer om teen jou siel in opstand te kom.
Vader, in die Naam van Jesus kom ek na U toe en bely dat ek toegee aan gevoelens van vrees. Ek bestraf die gees van vrees wat my in sy strik probeer vang, my geloof steel, my van vrede beroof en my met angs ontsenu. Ek kies geloof, vertroue en liefde. In die Naam van Christus — ek vrees en vertrou alleen op U, Here. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Deur middel van hierdie kragtige lering sal jy 'n dieper begrip kry van hoe om 'n strategie uit te werk waarmee jy die vyand kan uitoorlê en verslaan en so sy plan om jou lewe te vernietig, dwarsboom.
More