Ek kan 'n vriend weesVoorbeeld
Ek kan 'n vreeslose vriend wees.
Jy moet kies wat om te doen wanneer daar slegte groepsdruk is. Gaan jy God vra om jou die moed te gee om "nee!" te sê wanneer ander kinders jou terg? Of gaan jy na hulle luister en doen wat hulle wil hê? Dink aan Handelinge 5:29 wanneer jy moet besluit. Memoriseer die vers met die Bybel-sokkie.
Bybel-sokkie
1. Speel 'n lekker dansliedjie.
2. Sing Handelinge 5:29 op maat van die deuntjie.
3. Maak jou eie dansbewegings op om te wys wat Handelinge 5:29 sê.
4. Leer jou liedjie en dansbewegings vir jou gesin.
Vertel vir Iemand: Sê die hele vers op sonder enige hulp.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Met die hulp van God kan jy 'n gawe, wyse, gelowige en vreeslose vriend wees. Lees hierdie leesplan om meer daaroor uit te vind! Vir ouers: Lees hierdie leesplan saam met jou kind. Elke week sluit vier oordenkings asook 'n weeklikse speletjie om die vers te memoriseer in. Jy sal moontlik wil toesig hou oor die gebruik van hulpbronne.
More