Ek kan 'n vriend weesVoorbeeld

I Can Be A Friend

DAG 11 VAN 16

Ek kan 'n getroue vriend wees.

Liefde en lojaliteit is vrugte wat in jou lewe groei wanneer jy 'n goeie vriend of vriendin is. God wil hê jy moet liefde en lojaliteit betoon, omdat Hy ons eerste liefgehad en aan ons lojaliteit bewys het. Hy het nooit opgehou om jou lief te hê en jou te vergewe nie, selfs nie op jou slegste dag nie. Oefen om liefde en lojaliteit om jou nek te dra deur 'n Liefde en Lojaliteit Halssnoer te maak.

Liefde en Lojaliteit Halssnoer

1. Kry 'n stukkie papier, skêr, kleefband en 'n paar inkleurpotlode.
2. Knip die papier in 14 stukkies. Knip dit in enige vorm wat jy wil.
3. Skryf twee woorde uit Spreuke 3:3 op elke stukkie papier. Daar mag dalk 'n paar stukkies papier oorbly.
4. Maak 'n halssnoer deur die stukkies papier aan mekaar vas te plak.
5. Maak ekstra vorms as dit nie lank genoeg is nie.
6. Dra die halssnoer om jou te help om die vers te memoriseer!

Vertel vir Iemand: Sê die vers op sonder enige hulp.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

I Can Be A Friend

Met die hulp van God kan jy 'n gawe, wyse, gelowige en vreeslose vriend wees. Lees hierdie leesplan om meer daaroor uit te vind! Vir ouers: Lees hierdie leesplan saam met jou kind. Elke week sluit vier oordenkings asook 'n weeklikse speletjie om die vers te memoriseer in. Jy sal moontlik wil toesig hou oor die gebruik van hulpbronne.

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church