Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 12 VAN 31

Tevredenheid is nie Onverskilligheid nie

Mense wat tevrede is, het nie altyd die beste van alles nie, maar hulle maak altyd die beste van alles. Dit beteken dat hulle altyd aktief is — altyd op pad is na 'n doel.

Sommige mense dink dat tevrede mense, veral tevrede Christene, niks anders moet doen as om die hele dag rond te sit en te bid nie. Hulle mag dalk glo dat 'n tevrede gelowige net soos 'n geestelike jellievis of 'n klont is wat geen interaksie teweegbring en geen wrywing veroorsaak nie. Maar dit is glad nie waar nie.

Soek jy 'n bewys? Kyk net na die apostel Paulus. Indien jy die Skrif gelees het, sal jy weet dat Paulus eintlik net een spoed geken het. Voordat hy Jesus ontmoet het en daarna, het hy voluit gehardloop. Hy het nooit rem getrap nie. Al wat verander het, was die rigting!

In sy brief aan die Filippense het Paulus gesê dat hy nog baie het om te bereik. Hy het verstaan ​​dat God nog 'n opdrag vir hom gehad het, dus was hy nie van plan om terug te staan nie. As gevolg daarvan was hy altyd besig om hom na die toekoms te strek en te volhard in die doel om meer soos Christus te word.

Klink dit vir jou soos 'n jellievis? Vir my ook nie!

Tog was hy terselfdertyd ook tevrede. Hy het bewys dat tevredenheid nie gaan oor 'n gebrek aan ambisie of intensiteit nie, en dit het beslis niks met onverskilligheid te doen nie. Dit vereis wel dat ons ons materiële besittings — en selfs ons doelwitte en ambisies — in die regte perspektief moet hou.

Moenie tevredenheid met onverskilligheid verwar nie. Gaan voort om God se doel vir jou lewe te bereik en werk daaraan met jou hele hart. Volg sy plan en jaag sy missie na. Dit is die weg van Die Nalatenskapsreis.

Om verder te leer van Die Nalatenskapsreis en die sleutels tot ware tevredenheid, besoek daveramsey.com/legacy.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy