My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld
Om 'n Voorbeeld Van Sy Boodskap Te Wees
Ons is nie net gered om instrumente vir God te wees nie, maar om Sy seuns en dogters te wees. Hy verander ons nie as geestelike werktuie nie, maar as geestelike boodskappers, en die boodskap moet deel van ons wees. Die Seun van God was self Sy boodskap—"Wat ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe" (Johannes 6:63). As Sy dissipels, moet ons lewens 'n heilige voorbeeld van die werklikheid van ons boodskap wees. Selfs die hart van die ongeredene, sal dien as dit daartoe geroep word. Maar slegs wanneer 'n hart, gebroke deur sonde-oortuiging, gedoop deur die Heilige Gees, en verpletter tot onderdanigheid aan God se doel kom, kan so 'n mens se lewe 'n heilige voorbeeld van God se boodskap word.
Daar is 'n verskil tussen preek en om te getuig. 'n Prediker is iemand wat 'n roeping van God ontvang het en vasbeslote is om al sy energie te gebruik om God se waarheid te verkondig. God neem ons verby ons eie ambisies en idees vir ons lewens en buig en vorm ons vir Sy doel, net soos Hy ná Pinkster in die dissipels se lewens gewerk het. Die doel van Pinkster was nie om die dissipels iets te leer nie, maar om hulle die beliggaming te maak van dit wat hulle verkondig, sodat hulle letterlik God se boodskap in die vlees sou word. ". . . julle sal My getuies wees. . ." (Handelinge 1: 8).
Gee aan God volle vryheid in jou lewe wanneer jy praat. Voordat God se boodskap ander mense kan bevry, moet Sy bevryding eers in jou 'n werklikheid wees. Versamel jou materiaal versigtig, en laat God toe om "jou woorde aan die brand te steek" tot Sy eer.
Here God Alwetend, gee my vandag wysheid om te aanbid en op die regte manier te werk, wat vir U welbehaaglik sal wees. Heer, maak Uself meer en meer aan my bekend, in U volheid en skoonheid.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for His Highest" vry te stel. Dis ontwerp om 'n nuwe geslag aan die tydlose waarhede uit die Bybel bekend te stel. Hierdie versameling bevat ook Oswald Chambers se persoonlike gebede.
More